Gister was daar ‘n volskaalse oorlog. Dit is asof daai Chinese-ala-Zim-wapens skippie gehighjack was en dit aan die Bosparras uitgedeel was. Kyk, camping in the Gaza strip sou veiliger gewees het. Dit alles toe nou oor ‘n stuk deur Emil, genaamd vuurvliegie. Kyk, en ek hoop, die vrede is gemaak en die witvlaggies is gehys.
Die wonderlike ding van die blogsfeer, en iemand kan my verkeerd bewys as hy/sy wil, is nie dat alles anoniem gebeur nie, dit is wel dat ons by daardie post oor ‘n honderd bewyse het dat die mense van Suid-Afrika nog vir hulleself kan dink. Dit is seker ook maar nou ‘n ou klein gedeeltetjie van die populasie in geheel, maar ek wil tog glo dat dit wel ‘n verteenwoordigende steekproef is.
OK..ok, ek siet nou al klaar ‘n paar mense wat warm raak onder die krae, onthou, ek het gesê dat ons nog vir onsself kan dink. Die wonderlike is dat ons nie met mekaar hoef saam te stem nie, en nog meer…ek kan as ‘n vrydenkende my eie opinies vorm, en nog meer…ek kan my opinies die lig laat sien.
Die lekker ding van ‘n eie opinie hê, is dan ook grotendeels dat daar wel mense is wat met jou gaan verskil. Wat dit nog lekkerder maak is dat daar ‘n oor en weer uitruil van verskillende denke gaan wees. En mense, as jy ‘n goed gewortelde opinie besit, nes die een van die ander party…gaan daar ‘n getoutrekkery wees.
En weet julle wat, daar gaan nie altyd ‘n wenner wees nie. Debatvoering is saam met ons van die begin van dae af, en so sal dit wees tot die einde van die mensdom.
Face it, jy gaan met mense verskil. Of dit nou by die werk, by die huis of op Bosparra is. Die lekker ding is dat die ander persoon se denke, of skrywe ook maar sy/haar eie opinie is, nie noodwendig waar of onwaar nie, maar jou eie ook nie noodwendig reg of verkeerd nie.
Waar die verskil wel gaan inkom is waar daar konkrete bewyse is dat jy, of jou opponent reg/verkeerd is. Somtyds is dit maklik en jy kan ‘n vinger na die parlement wys en sê hulle mors geld, hulle doen nie hulle werk nie, kyk na die toestand van ons paaie, kyk na die armes en werkloses. Ander kere is dit nie so maklik nie, en mag dit ‘n bietjie dinkwerk kos bv. Die rassisme-ala-Jon-Q sagas en veral sover dit veralgemenings aangaan.
Hiermee wil ek die vrydenkende, opinie-vormende ras genaamd homo-sapiens eer. Maar dit beteken nog nie ek gaan agteroor-buig of in ‘n hopie gaan sit as ek nie saamstem met jou nie. Dit beteken nie ek gaan toelaat dat jy my aan die short-en-curly’s rondswaai nie. Dit beteken nie ek gaan jou laaik as jy soos ‘n poephol optree nie. Dit is elkeen se reg om sy opinie te lig, maar boy-oh-boy, wees bereid om dit met mortiere en missiele te verdedig!
My opinie is om die veralgemenings uit woorde soos rassisme en xenophobia en dies meer uit te haal…en dit poepholsisme te noem.
Tags: bosparra, dink, oorlog, opinie, vuurvliegie
Ja jy ek kry geslaap as ek pille en dinge drink om te kan slaap!
Voel ek nou skuldig, een van die dinge wat ek nog nie verleer het van babatyd af nie, lekker slaap.haha
Ja, amen. Jy’s reg en ek is ook skuldig daaraan. Dis nou maar so. Almal het opinies en dis nie noodwendig dieselfde nie. Ons moet mekaar maar net respekteer. Dis wanneer sekere opinies mense kan benadeel waar ek my voet neer sit en nie iemand noodwendig wil ‘respekteer’ daarvoor nie bv. (simpel voorbeeld maar dis al wat ek nou aan kan dink) dis ok om te rook by kinders. Ek voel sulke mense is selfsugtig.
Ek hou van hierdie skrywe, dit praat met my…. en ha ha ek hou van die nuwe woord wat ek nou net geleer het “poepholsisme” baie oorspronklik!
@ Emil, wanner kom die tseti..volgende week?haha
@ Roer, dit is die woord ja, respek. Maar ja daar is ‘n baie fyn lyntjie of jy aan dei anderkant respek verdien. Mmmm, sal die onderwerpie in die agterkom bêre.
@ Wipneus, een van die dae lees ons van poepholsisme in ‘n Jon Q rubriek! haha
Goed geskryf, en ek voel ook dat mense maar van mekaar mag verskil. Ons leer baie deur ander se opinies en standpunte. Soms laat dit ons dink, en weer na onsself kyk. Solank daar geredeneer word soos volwasse mense.
Jip, ons moet verskil. Dit is net nog een manier van kennis verbreed. Stel jou voor hoe eentonig die lewe sou wees as almal presies dieselfde opinies en idees gehad het. Die samelewing sou ineenstort want niemand sou nodig gehad het om vir hulself te dink nie, en die menslike brein sou dan totaal nutteloos gewees het…
Jong Pikkelik, wat sê jy nou daar van nie self dink nie en nuttelose breine. Dit klink mos soos ons parlement daai!
Whahahaha ….
Die tsetsivlieg is eers ‘n bietjie onder beheer met gifstowwe en dies meer
demoerin ek like jou “site” My swaer het my net so n mooi nuwe woord geleer.
Jy weet mos seker rasse maak hulle motors so vreeslik mooi met mags, and you name it Nou ja hy se dit is “gehotnetise”
@RdK, mer fur op die dash en die hele works.haha. Kom loer maar weer in.
Ek sien jy gaan nog lekker begsig raak hier ….. voorspoed en sterkte
Dankie vie die inloer Nem, maak maar weer so.
vrydenkers….ek hou van vrydenkers
Soos Johan ook sê, mens kan eintlik nie alles in swart en wit sien nie, meestal areas van grys, moeilike begrip vir my, maar ek leer.