Te danke aan Pope Gregory the Great is daar iewers in die 6de eeu ‘n lysie opgestel van die sewe sondes wat tot jou ewige dood in die hel gaan lei. Sonder om nou ligsinnig te klink, dink ek tog ons moet bietjie na hulle kyk. Ons volg nie almal die Rooms-Katolieke geloof nie, en my intensie is nie om op tone te trap nie, maar tog is daar menige mense in die publieke oog wat BAIE bekommerd moet wees. En ter selfde tyd kan ons dan ook sommer bietjie in ons eie spieëls kyk.
Dit blyk dat die lysie nie as geheel ‘n oorsprong in die Bybel het nie, alhoewel gedeeltes uit Galasiërs en Spreuke saam wel die lysie, en nog meer, opmaak. Sommige sal mens sê is voor die hand liggend, ander dalk ‘n bietjie wishy-washy. Teenoor die dodelike sondes is dan ook natuurlik die virtues waarna ons moet streef. Ek sien die mooi woord is deug, dink ons almal ken virtue beter.
Omdat dit vandag Woensdag is, dink ek dit gaan ‘n goeie idee wees om elke Woensdag so bietjie nader ondersoek in te stel. Ons sal eleke week na enetjie kyk, bietjie self-ondersoek instel en dan natuurlik kyk na voorbeelde van mense wat BAIE worried moet wees, of aan die anderkant….alreeds brand. Neem nou ons vriend Hitler byvoorbeeld, ek wonder hoe erg dit is as jy almal oortree?
In elk geval, hier kom die lysie. Pen en papier gereed:
Lust, Gluttony, Greed, Sloth, Wrath, Envy en Pride. Ek sal ook elke week aan mooi beskrywende Afrikaanse woorde dink.
Behalwe die kerklike verband is die SDS al menigmaal in boeke, bv Laurence Saunders, en in flieks, bv Seven, gebruik. Dit is nou maar net ‘n topic wat daartoe leuen om bespreek te word, en ten minste hoef ek dan nie op ‘n Woensdag te brain storm vir ‘n topic nie!haha
Ek hoop almal sien al uit daarna. Ek dink dit gaan vet pret wees. Somtyds ernstig, ander kere bietjie tong-in-die-kies…en ja, daar gaan ongelukkig vinger gewys word. Daar is so baie pragtige voorbeelde in ons alledaagse lewe.
Gryp vas daai hoedjies, ek dink ons gaan op ‘n lekker roller-coaster ride!
Nou gaan ek so bietjie op tone trap!
Baie van die dinge wat die Katolieke kwyt raak is nie op Bybelse beginsels nie. Daar is altyd vergifnis as dit gevra word en bely word. Dan praat ek nie eers oor Maria nie. Ek bly nou al 7 jaar in 99% katolieke land. Het baie geleer in die tyd.
Stem met jou dat ons moet gereeld self ondersoek instel. Gaan tog oor ons self en nie wat ander doen.
Stem rustig. Loer maar elke dag in, maar ja, veral op Woensdae van volgende week af. En bring jou spieël saam. haha. Myne staat klaar hier langs my!
comment op gister se inskrywing. shame. jy mag maar demoerin wees. een van my kliente se kar is vrydag aand by centurion spar gesteel. tracker kry toe die voertuig 2 ure later en sleep dit toe na een van die polisiestasies toe. toe frans dinsdag by sy kar kom – die plek was blykbaar vakansiedae toe… lol.. k. toe frans daar kom, is die kar glad nie in die toestand soos tracker beskryf het nie. 20x erger en eerder nader aan n afskrywing.
maar shame jy. jy het my simpatie.
sterkte
Klink na pret, sien uit daar na!
oooh, lekker, ek sal weer kom loer.
Maar die nuwe pous het so paar weke gelede nog doodsondes bygevoeg….die lysie is al lekker lank. Dit is nou ook onder meer sonde om die omgewing te besoedel en om stinkryk te wees. Gaan kyk ‘n bietjie.
Lekker, ek kan nie wag nie. Ek is gek daaroor om oor sonde te praat.
Een van my gustelinge is on eie dopperkerk se,,,,,dans-dans-dans.
Hier is die ekstra (nuwe doodsondes)…..
soos in hallo!!!!!!!!!! daar is annir issues om oor te worry….. stupid.
http://www.timesonline.co.uk/tol/comment/faith/article3517050.ece
@ SC, dankie.
@ TristonJ en JohanS, ek kan okkie waggie
@ RF, ja gesien van die nuwe pous se stukkie. selfs die RK-kerk is deurmekaar en weetie wat om daarin te lees nie. haha
Dit klink heerlik. Wonder net vir hoeveel van ons die skaaltjie heeltyd gaan oorhel na die verkeerde kant toe….