Lees ek toe nou gister in die Sunday Times van die soon to be ex, Mev. Quinton Fortune, se aansoek by die hof dat daar geldjies oor die water aan haar gestuur moet word.
In die lig van ander onlangse aansoeke, alla Sunette, wonder ek toe nou waar die lyntjie getrek moet word. Kyk, ek sê nou nie jy moet in sak en as gelos word nie, maat liewe genugtig Mev. Fortune, moet jy nie dalkies ‘n bietjie probeer “needy” klink nie?
Volgens die koerantberig benodig Mev Fortune onmiddelik R1miljoen. Dit moet betaal vir meubels vir haar twee slaapkamer, ja TWEE slaapkamer woonstel. O ja, moenie dat ek nou van die Audi S3 met all die bells en whistles vergeet nie. Silk Nappa leer en R7,000 sitplek verwarming?
Moenie dan nou van die ten minste R50,000 per maand vergeet vir “living expenses nie”. Definitief nie ‘n program van Ter Wille Van Oorlewing hierdie nie. Van die maandelikse uitgawes wat gelys is, en ek neem aan hierie is ter ondersteuning van haar eis, is soos volg (onthou dit is MAANDELIKS):
- R12,000 vir gremering
- R10,000 vir toiletware
- R10,000 vir CD’s, “tapes & batteries”…moenie eers vra nie
- R20,000 vir klere
- R8,000 vir kruideniersware…en vir “milk & bread” ‘n verdere R900
- R4,400 vir uiteet, fliek, vertonings en museums
- R12,000 vir boeke en geskenke
Nou die aardige spulletjie spulletjie maandelikse uitgawes tel op tot oor die R100,000 maar sy sal “nice” wees en net die helfte vra. Nou sal ek nou net wonner, vir ‘n single vrou het sy darem maar moer baie uitgawes. Hoeveel keer gaan fliek sy? Is daar genoeg nuwe releases in ‘n CD winkel dat jy elke maand R10,000 daar kan uitgee? Kruideniersware van R8,000 per maand EN dan nog geld vir uiteet? Goeie moer, wat eet die vrou? Die batterye wil ek liewerste nie oor gis nie.
Ek is seker daarvan ‘n lysie soos die is veronderstel om te dien as bevestiging aan die judge dat jy die geld nodig het, hierdie lees soos ‘n fokken sprokiesverhaal uit la-la land.
Nou wonner ek, waar trek jy die lyn? Is hierdie maar nie net lieg sonner om te blik en bloos nie…en nog erger, is die hofaansoek maar nie soos ‘n beëdigde verklaring nie? How wena!
Iets moet die koue koekie warm hou- dit is hoekom sy seat warming kry!
Rags to Riches.
R12 000 vir grimering, wat plak die vrou op haar gesig
…verder eet sy haar dood, stort die hele dag vandaar seker die groot toiletware eis, en sit heeldag in die flieks….
haar lewe is baie besig daar in la la land….
Batterye is net so snaaks, seker ook eskom probleme
Moet sê julle, nogal sad…en lagwekkend.
Elk geval, ek is halfpad deur die blogroll vandag, toe kom ek agter geen van my comments word geplaas nie! How wena….ek dink behalwe Emil s’n, sal maar later weer probeer, shit, en dit vat partykeer so lank om lekker comments uit te dink!
Sjame! Sy is seker verveeld en kyk baie TV, so die remote se batteries raak seker maar gou ‘pap’?????
Eish… is groot geld!!!!!!!!!
Vertel jy my platty…jammer om van haar shit te hoor. Die lewe is swaar, koop Verve dan net elke tweede maand! hahaha
praat jy nou platty, so jammer om van haar shit te hoor, as die lewe druk drink jy mos Verve net elke tweede aand?
Geen mens kan R12 000-00 grimering per maand gebruik nie totaal onmoontlik
Hierdie vrou sal beslis haar rieme dinner moet sny.
Die eis is nogal belaglik, maar met sulke onderhoudseise moet mens onthou die party mag eis vir die leefstyl waaraan sy gewoond is, nie noodwendig om op die broodlyn te leef nie en as ‘n Football-WAG het sy seker gewoond geraak aan sulke dinge.
Ek het nie die artikel gelees nie, maar lewe sy nie in Engeland nie? Vat hierdie bedrae terug Ponde toe en wat het jy dan?
foto’s gaan net nou op wees, ons internet is moer stadig, twee ure later en nog net 3 foto’s is op!! Nee meer as 2 ure!!
netjane, volgens die berig is sy egter terug in Kaapstad!
sien uit daarna meermin!
Ag shame, die arme vrou, praat nou van armlastig. Hel ek gee ‘n hele weeshuis vir ‘n week lank kos met die geld wat sy op grimering gebruik. Sies, dis nou wat ek noem ‘Gierigheid”….
Pikkelik, blyk jy het “gierigheid” genoem…..hierdie stukkie is in voorbereiding vir Woensdag se Seven Deadly Sins #3.
Pikke, bly jy het gierigheid genoem. Die stukkie is deel van die voorbereiding vir Woensdag se Seven Deadly Sins #3….