Die week in ‘n neutedop…

Tot my hartseer het die underdogs, Turkye en Rusland dit toe nie na die Euro 2008 finaal gemaak nie! Die Zim sage gaan nog steeds voort, en die mense stem vandag vir, ek neem aan Robert Mugabe. Hy’s blykbaar ook van plan om die AU samekoms in Egipte volgende week by te woon, want sekere mense is mos bereid om teen hom op te staan. Poephol! Praat gaan nie van die man ontslae raak nie, divine intervention of ‘n goedgeplaasde koeël sal dit job moet doen. ‘n Baie rare oomblik van onverdraagsaamheid kom ok die week na vore!

‘n Motto is tog so ‘n lekker ding om jou lewe volgens te organiseer. ‘n Lekker maatstaf om jou elke dag mee te rate. Of dit nou shopping, bemesting of waaghaalsige toertjies insluit en of dit jou doel is om vandag bietjie geluk uit te deel, jy moet vir jouself ‘n doel stel en jou plekkie op die aarde vind. Moenie ‘n sleepwalker word nie!

Ek het ok hierdie week ‘n hele paar mooi kiekies opgemerk. Party sê so baie, sonder ‘n enkele woord, en ander wil weer my tasse laat pak en die wêreld invaar! Daar was ook ‘n pragtige pic van ‘n google-girl, versteek in ‘n baie insiggewende stukkie oor domeins. Die prentjie laat my ok dink aan ‘n oulike bikini grappie.

So gepraat van boobies, al ooit gewonder hoe ‘n muesli-etende stoetbul in ‘n pizza-etende lammetjie verander?

Musiek het ook hoogty gevier, en daar blyk ‘n paar talentvolle mense in die blogosfeer te wees. Of hy nou kitaarslaan, of sy sing soos ‘n nagtegaal..kom ons ondersteun ons mede-bloggers en hulle good causes. Al ooit gehoor van die Castrati? Eina! Daar was praatjies oor Covers, en klein surprises van kitaar-klanke. Luister jy nog na Afrikaanse musiek, en is dit goed-gepende songs…of die main-stream loslappies en rooi-rok-bokkies? Party van ons dra met net ons muse saam met ons rond, blykbaar kan jy maar daai stememtjie in jou kop ‘n naam gee..en gesig gee. Myne lyk soos Eva Longoria.

Kwaliteit of kwantiteit? Ek stem nog definitief vir ‘n kwaliteit lewe, solank dit yskoue bier op warm dae insluit….koue en hot choc werkie vir my nie. Kwaliteit en kwantiteit kan dan natuurlik ok op ander maniere ter voorskyn kom….hier verkies ek kwantiteit, met so bietjie kwaliteit nou en dan. :lol:

Ek het wonderlike kinder-herinneringe gehad, en dan ook bietjie meer onlangses. Ek wonner hoe sal my ginsteling Cuervo’tjie saam met choc-koek gaan? Ek kan nog steeds nie verstaan hoe mense wil voortplant as hulle nie vir die kinners kan sorg nie? Daar lyk my is pakesels nodig in Swede, en dit is goed om te lees van Suid-Afrikaners wat huistoe kom! Hoop net hulle praat nog ordenklike Afrikaans, en dit raak nie verlore in translation nie!

Lekker lees, ek gaan nou eers my draaie op die net maak! Ek wonner of my baas my sal glo as ek sê ek het vir ‘n paar dae in ‘n slaggat in verdwyn?

14 Responses

  1. DMI jy vat die week se leesgenot lekker saam!! Dankie!! Lekker naweek vir jou.

  2. About time! :roll:

    Jou lesers raak ongeduldig! Die “movers” staan hier en rondtrippel, maar ek het hulle die dood voor die oë gesweer as hulle my broadband uittrek voor ek my blogfix gekry het!

    Very nice! (Soos altyd!)

  3. Anee a! Mos gesê ‘n poephol is darem bruikbaar! Die woordeboek het nie ‘n goed genoeg beskrywing in Afr vir MugApe nie.

    Lekker week vir jou – ek hou van jou uitkyk.

  4. Bly om te lees die papwiel is herstel. Soos altyd ‘n goeie opsomming. Lekker naweek. Ek dink ons kan Maandag weer begin uitsien na nog vier jaar van African Renaissance in Zimbabwe.

  5. Uiteindelik :) Ek sit en tik met my voetjie op die teëlvloer!!

    Whahaha ek het gedink julle mans gaan met ‘n sexy Muse deur die lewe travel!!

    Ou Mugabe gaan natuurlik by die stembus wen!! Ek stem, poephol, ‘n grote ook!! Maar ek kan aan ‘n paar ander name ook dink. My muse gaan dit net nie toelaat nie ;)

    Dankie Dm ek het dit geniet!!!

  6. En weer sal ek net se dankie nou het ek my fix vir die naweek wat voor le!

  7. “♫♪♫ Deutschland, Deutschland über alles…..♪♫♪”
    :mrgreen:
    (Jy oortref jouself elke Vrydag! en dankie vir die ondersteuning!! Seriously highly appreciated!! x)

  8. Ag dankie! Daar vloei die bloed weer soos dit moet. :wink:

    Lekker naweek!

  9. BB ek sing saam!! Op my vrou so ‘n bietjie te terg gaan ek vir Spanje ondersteun siende dat my Oranje span reeds lankal uit is.

  10. Ek sal ook maar my biertjies op Spanje drink Sondag… :lol:

  11. Ok, nou kan ek uiteindelik my hondsiek lyf weer terugsleep bed toe. Ek het weer lekker gelees… Laat ek net gou daai googlegirl een gaan lees… ;-)

  12. Weereens baie goed opgesom! :grin:

  13. Die is soos ontbytpap of sjampoe of iets: Alles-in-een. ;)
    Lekker, dankie.

  14. Ja, hierdie is soos Kellogs – ♪ ♪ ♪ I got it ALL this morning!!!♪ ♪ ♪

Leave a Reply