Die wêreld-ekonomie het bietjie op sy gesig geval die week. Dit lyk egter nie of die impak in sonnige SA te erg gaan wees nie, en die wêreld se winsjagende kapitaliste sal maar net opstaan, stoffies afskud en nog ‘n manier van winsjag vind….iets anders as onder prima koers huislenings kan ek julle verseker.
As jy so ‘n paar ekstra sente het, gaan loer hier vir ‘n beleggingsopsietjie….moet nou net nie veroorsaak dat jy nie ‘n brood kan bekostig nie. Terwyl dinge mens nou maar kwel en die bekommernis mens rasend maak wend ons onsself tot die Groot Wit Koningin….die yskas.
Ek weet nou nie of jy vir ou Pumba in die yskas gaan vind nie, maar slaat maar ‘n lekker poedingtjie aanmekaar terwyl jy wonder oor die saak, en moenie die custard vergeet nie (blykbaar is getalle se dae getel, vergeet dus maar van die kilojoules). As die poeding nie wou werk nie, wend jou tot die drankkabinet. Jaag die groen feetjie al om die kombuistafel, en as die gemoedsbekakking nog nie uitgesort is nie moet jy jou dalk maar wend tot gesondheid, en ‘n slaaitjie aanmekaarslaan. Dalk ‘n beter opsie om bietjie langer te lewe en nie in die groendakkies te beland nie.
Kyk, ek het nie probleme met my belastingtjie bydra eleke maand nie, dit is hoe dit moet wees in ‘n land waar dit werk. Maar vir solank ek my deeltjie bydra, en dit nie vir die nodige gebruik word nie, gaan ek demoerin bly. Dit gee geen mens kos, blyplek of flippen lopende water deur ‘n hospitaal se naam te verander nie. En dan sien ek een van die poephol ministers wat haar werk BEHOU het, Lulu Landsake, se departement het al weer oor die R800miljoen verloor….eish. Partykeer blyk dit egter voordelig te wees om die naampie te vernader. Hopelik is daar ‘n uitvoermark vir ons eie Joule-karretjie, want ons het nie eers elektrisiteit om ons gloeilampies te laat brand nie.
Nou bietjie dieper sake, lewe jy? Gaan lees bietjie hierdie oulike stuk, en trek die koffie nader vir die week se lekkerlees-storie. Ons saamspeel speletjie vir die week gaan oor die rose en viooltjies, en as die oorspronklikheid jou nie laat smile nie, gaan lag bietjie vir die slim antwoordjies.
Somer het uiteindelik aangebreek, in sekere dele van die land ten minste (party bereik selfs blykbaar smeltpunt). So gepraat van die plekkie waar jou wortels geplant is…ooit gesit en wonder hoekom? Die begin van somer is dalk ‘n goeie tyd vir verandering….ek gaan ‘n video-shop koop en in een hoekie gaan daar ‘n fluffy-animal-and-small-child uitneem afdeling wees.
Mag julle almal ‘n rustige naweek, gepak met ure van pret en plesier hê…..en ja natuurlik:
Oneindige ure van saamwees, propvol sluwe, onderwater gutter seks!
Filed under: Dagklad



Uitstekend soos altyd!
Dankie Demoerin ek probeer gou vanoggend so paar inskrywings opvang!
Hoop jy het ook so lekker naweek, propvol sluwe onderwater gutter vry stories!
UITSTEKEND!! Jy mag maar die week so in ‘n neutedop saamvat!
Lekker naweek vir jou!
Lekker naweek! Die gesin is more terug. Weer lekker oneindige ure van saamwees wat voorlê
Lekker naweek dmi, en die selfde vir jou
DMI, daarsy, my Vrydag fix gelees, en ‘n hele paar gemis!
Ek beaam Wippie se woorde!
have a orgasmic weekend!!! dankie vir die altyd lekker lees!!
Dankie vir die neutedop – ek kan lekker opvang!
Dankie Demoerin, geniet die naweek terwyl ek my gat eelte opsit vir die nag se vlieg Ierland toe. Moenie dat die feetjie jou verlei met haar stroopsoet stem en dan die gedagtes vertroebel tot melk.
Gedog jy ignoreer my
Baie oulik, hierdie moet baie effort neem.
Thanx Demoerin vir my weeklikse “fix”