Archive | February, 2009

Me…all over Angelina’s breasts

27 Feb
A Price to Pay for Fame

A Price to Pay for Fame

Two of my Fans

Two of my Fans

 Bietjie pret met www.photofunia.com … soos gesien by Wosonki.

Die Week in ‘n Neutedop…..

27 Feb

imgp0838-12

En so het Februarie ook sy gat gesien. Gister sê ek vir iemand dit is angswekkend dat 2 maande van die jaar om is…. Sy antwoord: Dit is nie scary nie, as dit so vinnig verbygaan, beteken dit jy het dit geniet!

Die Rollercoaster van Joost en die Prostituut het nog baie op en af. Ek is ook seker dat ons die storie vir nog ‘n rukkie in die nuus gaan sien(Steve se stof het nog nie gaan lê nie). My siening – As dit jy was Joost, wys bietjie vernatwoordelikheid en aanvaar die gevolge! Beweeg aan mense! Ek het baie meer respek vir iemand wat Pa kan staan vir sy foute, as een wat dit soos ons politici net loop en ontken.

So gepraat van politici – Stemdag is bietjie minder as 2 maande weg en die politici het hulle naels skerpgemaak. Ek dink ons gaan nog lekker moddergooi beleef die volgende maand of twee. Maak alles net soveel interessanter! Dit bied gulde geleendheid om bietjie stock te vat oor waar jy as Suid-Afrikaner jouself bevind in hierdie pragland van ons.

Nog ‘n storie wat blyk ‘n rukkie gaan ronddraai is die issue rondom die Jooltydskrif en vryheid van spraak. Persoonlik dink ek mense vat te vinnig aanstoot binne die lyne van wat hulle sien as aanvaarbaar of nie aanvaarbaar nie. As ons aanhou ons koppies oor die dinge stamp gaan ons dalk binnekort koploos wees….. en ek verwys nie na Malema nie :lol:

My siening is dat ek hier is om te bly. My voete is vasgeplant in Suid-Afrika en ek sal gedweë nog my wa deur die drif trek. En as ‘n wiel afbliksem sal ek uitklim en hom deurstoot. Glo my, my lewe is ook deur misdaad geraak. Ek dink dit was die enkele grootste gebeurtenis in my lewe. So hartseer as wat die moord van ‘n geliefde was, het ek eerder dit omgedraai en gebruik as aansporing om my eie lewe in ‘n beter rigting te stuur.

Elke sekonde moet tel… Omring jouself met ware vriende – daardie wat enigiets vir jou sal doen en nie net rondhang in mooiweer nie. Werk aan verhoudings – en maak seker jy groei as mens. Daar mag geen oomblik wees wat jy mag terugsit en sê – Wel dit is dit nie! Ons moet aanhou strewe om die beste mens moontlik te wees….. en sit sommer ter selfde tyd die troeteldiere op hulle plek :wink: (Wat ek wel sal voorstel is om van verstommende vriende ontslae te raak…. netnou is dit aansteeklik)

Sjoe, die neutedop lyk so formeel en kwaai vandag? Dalk tyd om bietjie af te koel en te gaan speel.

En net omdat daar NIKS fout is met seks nie, wens ek julle oudergewoonte ‘n naweek propvolgepak met sluwe, onderwater, gutterseks toe!

P.S –  GO BULLS!

WEW….8/52

25 Feb

Hoekom sal mense deur skrefies-oë probeer fokus, eerder as om vir ‘n oogtoets te gaan? Dit is moer irriterend…..en onthou die lessie uit die sprokies – Rookappie het die wolf as haar Ouma aangesien!

Vroegste Herinneringe….

24 Feb

Johan het hierdie wiel aan die rol gesit met sy geel mure. Ek het nou bietjie gedink gister en kon nie besluit watter een van 2 herinneringe die vroegste sou wees nie…. so ek deel maar albei wat moes gebeur het toe ek ongeveer 2 jaar oud was.

A

My neef van so 3 jaar ouer en ek was altyd saam. Het regdeur ons voorskoolse, laerskool en hoërskool dae gesorg vir menigte van die grys hare wat op ouers en grootouers se koppe verskyning gemaak het. Gooi dan nog die 2 niggies by en daar is stories wat nou nog hoogs geheim hanteer word……. en hier is waar dit heel moontlik begin het.

Ouma en Oupa het ‘n wonderlike groot erf met groot bome gehad. Op warm Somersondae na die tradisionele middagete is daar dikwels buite op die stoep gesit en kuier. Die kinders was toegelaat om op die gras rond te hardloop en hulleself met speletjies soos Wegkruipertjie, Koljander-Koljander, Balle ens. te vermaak.

Almal behalwe ek, ek moes by myself in my playpen onder die boom speel met my loodverf plastiek en yster speelgoed. Ek was nog te klein om saam met die ander rond te hardloop, met die moontlikheid dat ek in die strate mag beland. Nou van die jongere lesers sal dalk nie eers die speelhokke (of playpens) ken nie, niks so fancy soos wat vandag gevind word nie. Dit was maar ‘n traliewerk van hout wat aanmekaargesit word en dan ‘n sirkel vorm…. soos ‘n kraal.

Een van my vroegste herinneringe is dus as my neef my kom red het. Letterlik die een kant van die playpen opgelig het, sodat ek kon onderdeur kruip en saam rondhardloop.

En dit is waar Ma, Pa, Tannie, Oom, Ouma en Oupa se gryshaartelling begin het!

B

Die agtergrond: Ma, Pa, Ouma en Oupa…. en dan ek en my teddie in my stootkarretjie was op besoek aan die slangpark by Hartebeespoort. Daar was ook verskeie diere soos een spesifieke tier daar op hok. Hierdie tier is blykbaar altyd deur een van die personeel geterg…. en op die mooi dag besluit die tier toe nou genoeg is genoeg.

Toe die hokdeur oopgemaak word vir voertyd besluit Mnr. Tier toe nou die sekere personeellid lyk na ‘n beter middagete opsie as die stuk dooie rooivleis! In die warboel is die tier toe nou uit sy hok uit (seker iets soortgelyk aan my speelkraal – maar met glasvensters).

Daar was blykbaar chaos soos mense rondgehardloop het en oor mure wat met glasskerwe (die ou elektriese heinings) bedek was gesklouter het. Dit was net bloed en drama in ‘n egte Tarantino styl!  Pa en Oupa het gehelp met noodhulp vir die bloeiendes en kalmerende suikerwater vir die tannies. Ma en Ouma het saam met vreemdelinge in hulle kar gespring om weg te kom van Mnr. Tier af. Almal het gedink ek was saam met een van die ander…..

My tweede vroegste herinnering dus – Die trio van Ek, Teddie en die Pram – alleen –  met tientalle gillende en rondharlopende mense omring. ‘n Weerlose middagete op ‘n bord vir ‘n demoerin Mnr. Tier (wat ek gelukkig nie toe al besef het nie).

En dan wonder hulle waar my voorliefde vir skop, skiet, bliksem en emmers vol bloed flieks vandaan kom!

Deel met ons jou vroegste herinnering hier, of daar by Johan – of maak soos ek ‘n post daarvan!

Terug in die soutmyn….

23 Feb

Ek is terug!

Ek maak toe vanoggend die e-mail oop en daar wag 180 e-mails, waarvan die meeste aandag verg. Ai toggie! Ek is sommer klaar weer moeg!

Hoekom gaan mens enigsins weg met vakansie….. om uit te rus en jouself dood te werk in die eerste week wat jy terug is op kantoor! Is daar iets soos post-vakansie depressie?

Kan ek nie maar net iewers op ‘n strand gaan rondlê, surf, swem, lees…. en kite-surfing leer en yskoue bier drink nie?

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers