Vroegste Herinneringe….

24 Feb

Johan het hierdie wiel aan die rol gesit met sy geel mure. Ek het nou bietjie gedink gister en kon nie besluit watter een van 2 herinneringe die vroegste sou wees nie…. so ek deel maar albei wat moes gebeur het toe ek ongeveer 2 jaar oud was.

A

My neef van so 3 jaar ouer en ek was altyd saam. Het regdeur ons voorskoolse, laerskool en hoërskool dae gesorg vir menigte van die grys hare wat op ouers en grootouers se koppe verskyning gemaak het. Gooi dan nog die 2 niggies by en daar is stories wat nou nog hoogs geheim hanteer word……. en hier is waar dit heel moontlik begin het.

Ouma en Oupa het ‘n wonderlike groot erf met groot bome gehad. Op warm Somersondae na die tradisionele middagete is daar dikwels buite op die stoep gesit en kuier. Die kinders was toegelaat om op die gras rond te hardloop en hulleself met speletjies soos Wegkruipertjie, Koljander-Koljander, Balle ens. te vermaak.

Almal behalwe ek, ek moes by myself in my playpen onder die boom speel met my loodverf plastiek en yster speelgoed. Ek was nog te klein om saam met die ander rond te hardloop, met die moontlikheid dat ek in die strate mag beland. Nou van die jongere lesers sal dalk nie eers die speelhokke (of playpens) ken nie, niks so fancy soos wat vandag gevind word nie. Dit was maar ‘n traliewerk van hout wat aanmekaargesit word en dan ‘n sirkel vorm…. soos ‘n kraal.

Een van my vroegste herinneringe is dus as my neef my kom red het. Letterlik die een kant van die playpen opgelig het, sodat ek kon onderdeur kruip en saam rondhardloop.

En dit is waar Ma, Pa, Tannie, Oom, Ouma en Oupa se gryshaartelling begin het!

B

Die agtergrond: Ma, Pa, Ouma en Oupa…. en dan ek en my teddie in my stootkarretjie was op besoek aan die slangpark by Hartebeespoort. Daar was ook verskeie diere soos een spesifieke tier daar op hok. Hierdie tier is blykbaar altyd deur een van die personeel geterg…. en op die mooi dag besluit die tier toe nou genoeg is genoeg.

Toe die hokdeur oopgemaak word vir voertyd besluit Mnr. Tier toe nou die sekere personeellid lyk na ‘n beter middagete opsie as die stuk dooie rooivleis! In die warboel is die tier toe nou uit sy hok uit (seker iets soortgelyk aan my speelkraal – maar met glasvensters).

Daar was blykbaar chaos soos mense rondgehardloop het en oor mure wat met glasskerwe (die ou elektriese heinings) bedek was gesklouter het. Dit was net bloed en drama in ‘n egte Tarantino styl!  Pa en Oupa het gehelp met noodhulp vir die bloeiendes en kalmerende suikerwater vir die tannies. Ma en Ouma het saam met vreemdelinge in hulle kar gespring om weg te kom van Mnr. Tier af. Almal het gedink ek was saam met een van die ander…..

My tweede vroegste herinnering dus – Die trio van Ek, Teddie en die Pram – alleen –  met tientalle gillende en rondharlopende mense omring. ‘n Weerlose middagete op ‘n bord vir ‘n demoerin Mnr. Tier (wat ek gelukkig nie toe al besef het nie).

En dan wonder hulle waar my voorliefde vir skop, skiet, bliksem en emmers vol bloed flieks vandaan kom!

Deel met ons jou vroegste herinnering hier, of daar by Johan – of maak soos ek ‘n post daarvan!

11 Responses to “Vroegste Herinneringe….”

  1. betsieboop February 24, 2009 at 7:39 vm #

    memories!
    van my vroegste herinnering is my broer en neef wat besluit het ek moet ‘n les geleer word. ek is ‘gedare’ om volspoed bult af te jaag met die fiets. ‘n skrale 5 of was dit darem 6jaar oud en daar gaan ek. die wiele het eintlik gesing op die teerpad. top spoed! min wetend dat hulle ‘n tou oor die pad gesit het en net toe ek by die tou kom, trek hulle dit styf! het ek nodig om te sê dat ek toe nie meer fiets gery het nie?? ek het myself na des moers geval en hulle was ‘mighty proud’, want hulle het blykbaar die ‘trick’ iewers gesien en wou dit in die praktyk toets!
    dat ek my kinderjare oorleef het is ook net ‘n genade!

  2. demoerin February 24, 2009 at 7:44 vm #

    :lol: Betsie, ek dink die feit dat die meeste van ons kinderjare oorleef het is ‘n wonder! My broer en jonger nefie het weer so onder ons deurgeloop. Die dinge wat hulle vertel kan ek nie eers onthou dat ons hulle dit aangedoen het nie!

  3. betsieboop February 24, 2009 at 7:50 vm #

    demoerin – moenie dink ek het agteroor gesit nie! ons het eenkeer cowboys en kroeks met swaarde gespeel. ook net in ‘n kind se wêreld. ek het amper my broer se oog uitgesteek met die – heee haaaaa het jou kreet wat ek geuiter het! kon vir weke nie sit nie!
    ek love chilhood memories. was so ongekompliseerde tyd in ‘n mens se lewe.

  4. demoerin February 24, 2009 at 8:17 vm #

    :lol: Baie ongekompliseerd en so care-free!
    Blykbaar het ek en my neef ons boeties op die grond laat lê met planke oor die bors as fiets-ramps! Kan jy net imagine wat kon fout gaan – ek was blykbaar dus ‘n goeie fietsryer!

  5. betsieboop February 24, 2009 at 8:51 vm #

    “Never drive faster than your guardian angel can fly”

  6. Wipneus! February 24, 2009 at 9:52 vm #

    :lol:

    Ek onthou daai aaklige playpens!! Ek is seker ek het myne gehaat, gevoel soos ‘n dier in ‘n hok! :mrgreen:

    Ek was baie stout! :oops:

  7. Roer February 24, 2009 at 11:43 vm #

    Genugtig. Dalk het Teddie gehelp om Tier te oortuig om jou nie vir ‘n versnapering te eet nie. Jou ouers kry seker nou nog nagmerries oor daai storie. Ek weet ek sou.

  8. Dellie February 25, 2009 at 9:34 vm #

    Ha-ha! Arme klein Demoerin! Dankie, nou het ek inspirasie vir ‘n possie… :wink: Ek dink my muse dwaal ook nog in Guam rond! :lol:

  9. rosalindfranklin February 25, 2009 at 3:08 nm #

    ek laaik dit, dis baie oulik.
    ai mense wat diere terg, behoort lewendig opgevreet te word….

    sweet jy en teddie!

  10. demoerin February 26, 2009 at 10:07 vm #

    Miskien is dit hoekom ek nog aan teddie geheg is…. en hy nog iewers bo in moeder se kaste bly. :lol:

Trackbacks/Pingbacks

  1. Ek onthou… « Dellie se Dinge - February 25, 2009

    [...] 25, 2009 · Filed under Onthou, Spookstories Johan het begin, Demoerin het dit ook gedoen, en nou is dit my beurt… my vroegste [...]

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers