WEW….8/52

25 Feb

Hoekom sal mense deur skrefies-oë probeer fokus, eerder as om vir ‘n oogtoets te gaan? Dit is moer irriterend…..en onthou die lessie uit die sprokies – Rookappie het die wolf as haar Ouma aangesien!

7 Responses to “WEW….8/52”

  1. Wrang February 25, 2009 at 1:55 nm #

    Die mens se blik is altyd met wanindrukke besoedel. Baie gaan deur die lewe met toe oë, laat staan nog skrefies. Die vraag is: is dit nie beter so nie?

  2. demoerin February 25, 2009 at 1:59 nm #

    Dit kan nooit beter wees nie. Jy gaan of iewers neerslet of jouself des moers in ‘n deur vasloop!

  3. betsieboop February 26, 2009 at 7:25 vm #

    demoerin – partykeer moet jy jou oë skrefies trek om bietjie meer perspektief te kry .. ander kere moet jy jou oë wyd oop hou .. hang af of jy die standbeeld of die duif is .

  4. BB February 26, 2009 at 10:02 vm #

    ROFL!!! DMI – ek het nou soooo lekker gelag – toe ek ‘n klein dogtertjie was (many maaaaaany moons ago) het ek blykbaar eendag vir my ma presies dit gevra: “Mamma, was daar nie daai tyd oogartse en brille nie??” :roll:

    Maar jy wil nou nie vir my en Helge in ‘n Dischem beleef nie!! Ons staan met daai vitamins en minerals houertjies so ini hande en dan skrefies-oë ons daai bleddie labels dat ons skoon migrain kry – en elke liewe keer vergeet ons die leesbril by die huis!! (ek het nou die dag sommer ‘n +1 daar van hulle rak af loop haal en weer teruggesit toe ek klaar was… ek kan nie verstaan hoe de hel pille en medikasie van alle dinge se bestanddele en instruksies so klein gedruk moet word nie? Hoe ouer (en blinder) jy word, hoe meer benodig jy supplements en dinge – hoe kleiner word die skrif!!)
    Og om nie te praat van menus in ‘n restaurant nie – liggrys op beige papier geprint – dit vertoon te pragtig, maar by kerslig?? – Dis nag vir ons!!!
    /me maak nota om ‘n xtra brilletjie te koop vir die handsak! :mrgreen:

  5. demoerin February 26, 2009 at 10:10 vm #

    :lol: BB. Dis swaar…. en ek sukkel tog so met die sensitiewe blou oge saam!

  6. demoerin February 26, 2009 at 10:11 vm #

    Betsie…. ek verkies om oop oë deur die lewe te gaan. Netnou mis ek iets!

  7. Leon February 27, 2009 at 12:08 nm #

    Wel, vir werklike swak oë is daar altyd die opsie van ‘n Lasik operasie.

    Spreekwoordelik gesproke….baie keer is ons maar die blindes wat deur Een-oog gelei word..en dan stamp ons, ons neuse blou !

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers