Die Week in ‘n Neutedop…..

27 Feb

imgp0838-12

En so het Februarie ook sy gat gesien. Gister sê ek vir iemand dit is angswekkend dat 2 maande van die jaar om is…. Sy antwoord: Dit is nie scary nie, as dit so vinnig verbygaan, beteken dit jy het dit geniet!

Die Rollercoaster van Joost en die Prostituut het nog baie op en af. Ek is ook seker dat ons die storie vir nog ‘n rukkie in die nuus gaan sien(Steve se stof het nog nie gaan lê nie). My siening – As dit jy was Joost, wys bietjie vernatwoordelikheid en aanvaar die gevolge! Beweeg aan mense! Ek het baie meer respek vir iemand wat Pa kan staan vir sy foute, as een wat dit soos ons politici net loop en ontken.

So gepraat van politici – Stemdag is bietjie minder as 2 maande weg en die politici het hulle naels skerpgemaak. Ek dink ons gaan nog lekker moddergooi beleef die volgende maand of twee. Maak alles net soveel interessanter! Dit bied gulde geleendheid om bietjie stock te vat oor waar jy as Suid-Afrikaner jouself bevind in hierdie pragland van ons.

Nog ‘n storie wat blyk ‘n rukkie gaan ronddraai is die issue rondom die Jooltydskrif en vryheid van spraak. Persoonlik dink ek mense vat te vinnig aanstoot binne die lyne van wat hulle sien as aanvaarbaar of nie aanvaarbaar nie. As ons aanhou ons koppies oor die dinge stamp gaan ons dalk binnekort koploos wees….. en ek verwys nie na Malema nie 😆

My siening is dat ek hier is om te bly. My voete is vasgeplant in Suid-Afrika en ek sal gedweë nog my wa deur die drif trek. En as ‘n wiel afbliksem sal ek uitklim en hom deurstoot. Glo my, my lewe is ook deur misdaad geraak. Ek dink dit was die enkele grootste gebeurtenis in my lewe. So hartseer as wat die moord van ‘n geliefde was, het ek eerder dit omgedraai en gebruik as aansporing om my eie lewe in ‘n beter rigting te stuur.

Elke sekonde moet tel… Omring jouself met ware vriende – daardie wat enigiets vir jou sal doen en nie net rondhang in mooiweer nie. Werk aan verhoudings – en maak seker jy groei as mens. Daar mag geen oomblik wees wat jy mag terugsit en sê – Wel dit is dit nie! Ons moet aanhou strewe om die beste mens moontlik te wees….. en sit sommer ter selfde tyd die troeteldiere op hulle plek 😉 (Wat ek wel sal voorstel is om van verstommende vriende ontslae te raak…. netnou is dit aansteeklik)

Sjoe, die neutedop lyk so formeel en kwaai vandag? Dalk tyd om bietjie af te koel en te gaan speel.

En net omdat daar NIKS fout is met seks nie, wens ek julle oudergewoonte ‘n naweek propvolgepak met sluwe, onderwater, gutterseks toe!

P.S –  GO BULLS!

13 Responses to “Die Week in ‘n Neutedop…..”

  1. Die Brein Februarie 27, 2009 at 7:39 vm #

    Soos gewoonlik som jy alles briljant op..Ja soos jy se mens het meer respek vir iemand wat sy foute erken as `n dwaas wat dit ontken.

    Is jy familie van Blixer?Sterkte vir julle.

  2. Skoor Februarie 27, 2009 at 8:48 vm #

    Toemaar demoerin, ek het ‘n idee dat Joost en Steve se nuus sal verdamp, veral met die dat Zuma nou sy-aan-sy met Winnie begin tango!

    Volgende week is jou inskrywing dalk in die vorm van ‘n sirkus program, wie weet! Medim Zille en stupid Malema in die voor vertoning, en Patricia en Mulder vir ‘n afterthought. You choose wie die main attraction sal wees.

    😆

  3. Dellie Februarie 27, 2009 at 8:52 vm #

    Jy bederf ons rerig lekker elke week hiermee. Thanx! 😉

    En ja natuurlik – G O B U L L E !!

  4. Emil Februarie 27, 2009 at 9:04 vm #

    Goeie opsomming, en jou laaste paragrawe roerend. Lekker naweek vir jou, en ja … niks fout met seks nie 😉

  5. demoerin Februarie 27, 2009 at 10:16 vm #

    @ brein – nee nie familie nie.

  6. demoerin Februarie 27, 2009 at 11:43 vm #

    @ Emil… en ook niks fout met die inhoud van jou kleedkamer nie…. mens sal nogal ‘n noue verband kan trek.

  7. betsieboop Februarie 27, 2009 at 12:43 nm #

    die week in ‘n neutedop is genuine ‘n wenner. dankie vir jou moeite demoerin.

    lieflike naweek vir jou!

  8. boendoe Februarie 27, 2009 at 5:46 nm #

    Weet jy hoe ons jou neutedop mis as dit nie verskyn op ‘n Vrydag nie?? 😆
    Vakansie is uit soos koekies innie weeshuis, oukei?

  9. Wipneus! Februarie 28, 2009 at 1:43 nm #

    Ek dink ook ek moet van verstommende vriende ontslae raak 😆

    Weereens dankie vir die moeite en geniet die naweek!

  10. Willedoos Maart 1, 2009 at 12:09 nm #

    Nice opsomming ja!

  11. demoerin Maart 2, 2009 at 6:46 vm #

    @ wipneus – Ek het hierdie naweek weer ‘n verstommende mens ontmoet…… gelukkig nie ‘n vriend nie!

  12. Johan Swarts Maart 16, 2009 at 5:20 nm #

    ek lag elke keer as ek gutterale seks lees, hehe…

  13. demoerin Maart 17, 2009 at 6:40 vm #

    😆 Johan, ons mag mos van hierdie dinge in Afrikaans ook praat 😉

Lewer kommentaar