Archive | Maart, 2009

Dinsdag Rymelary….

31 Mar

Fotojoernalis

 

Ek wil ‘n foto neem

Man Met Koerantkombers;

Kind Bedel Vir Kos;

Vrou Dra Water Aan.

 

Ek wil ‘n foto neem

Pa Sterf Van VIGS;

Ma Is Nou Weduwee;

Kind Is Nou Weeskind.

 

Ek wil ‘n foto neem

Kind Is Verkrag;

Pa Met Koeëlwond;

Ma Omgery Deur Taxi.

 

Ek wil ‘n foto neem

Gesin Treur In Hande;

Familie Om Oop Graf;

Gemeenskap In Vrees.

 

Ek wil hierdie foto’s vat

En die lamppale versier;

Baniere vir die sport;

Biljette vir karvensters;

Tattoo vir jou voorkop?

 

Want die mens leef in volkleur;

Nie net in swart of wit of sepia.

Daar staan ‘n mens agter die kruisie.

Lag vir Maandag…

30 Mar

kaaskrul_45Was seker by een van die naweek se sportwedstryde.

Ek huil blou trane oor die Bulle, maar tog wil ek die heeltyd die wysie van Suikerbossie loop en fluit.

Die Week in ‘n Neutedop….

27 Mar

imgp0838-13Al wat ek wil sê is Halleluja! Die week is om en ek kan die naweek bietjie rus, of probeer altans. Wanweë die feit dat dit bietjie wild gegaan het hierdie week, was ek bietjie skaars en het alles met my blogleestyd gebots. Vandaar die feit dat hierdie week se neutedop meer die vorm van ‘n bylae aanneem.

Die regering sit alweer met hulle vingers in hulle holle en moet vure doodslaan oor die feit dat die Dalai Lama na ‘n vredeskonferensie toe genooi was, maar hulle toe besluit om nie ‘n visa aan hom te gee nie. Die konferensie is nou uitgestel aangesien die ander Nobel vredespryswenners besluit het om die Dalai Lama te ondersteun, en ook aangedui het hulle sal nie daar wees nie. En dit van die regering wat die afgelope 15 jaar menseregte en vrede wyd en suid in die wêreld wil verkondig! Poepholle!

Iets anders wat soos die regering in ons kele afgedruk word. Doef-doef, boem-boem, tra-la-la-la-la (my eie sokkie treffer waarmee ek gaan geld maak). Daar is sekerlik ‘n plek vir alles (en nog wat) op die musiekwinkel rak. En dit bly persoonlike keuse of jy daarna wil luister of nie, ietsie ernstiger met bietjie lyf om gaan dalk nie so lekker by ‘n dronk braaivleis afgaan nie.

Terwyl ons nou musiek praat… BB het die speurwerk gedoen, en ons wil vir Koos welkom heet in wordpress blogland. So gepraat van liedjies – Wat maak Oom Kallie daar?

My uitdaging hierdie week aan almal – Die Circle Fly Projek. Gaan probeer bietjie en ek verwag ‘n volle verslag. Moet my net nie bel nie, ek het nie geld om julle uit te bail nie. Ek weet nie of sorry in die naam van die projek hier gaan help nie – selfs nie eers in inglish nie?

Weergewys lyk dit of dit ‘n wonderlike naweek in Suid-Afrika gaan wees. Lekker naweek van tonne rugby, braaivleis en die wat so gelukkig is – bikini-kyk op die strand. Dit is bleddie lekka in South-Africa!

Nou ja, as pappa nou bietjie uitgerus is na die week en die angel geolie is, en mamma gereed is is al wat oorbly:

Soos gewoonlik my wense vir jou naweek: Lank en aanhoudende, porno-oscar wennende, sluwe, onderwater gutterseks. Onthou om die ligte more aand af te skakel, en onthou mense dit is oefen – nie teel nie. Rosa is watching!

on-GELOOF-lik….Discordianism II

25 Mar

Deel II van Discordianism… gaan lees Deel I as jy nog nie het, anders gaan hierdie Deel bietjie chaoties voorkom – Eg in die Discordianism ideologie.

Discordianism bied verskillende ledevlakke – wat blykbaar baie buigbaar kan wees. Behalwe vir dat Discordianism as ‘n organisasie ‘n totale paradoks is, word daar wel ‘n tipe van struktuur in die Principia Discordia (PD) aangedui. Die definisie van The Discordian Society (DS) aangedui as: “The Discordian Society has no definition.” In die DS kan daar dan verskeie sekte gestig word, elk onder die beheer van ‘n Episkopos.

Die wat nie hulle eie sektes wil stig nie, en verkies om aan iemand anders se sekte te behoort, maak die Legion of Dynamic Discord uit, of sommer genoem Legionnaires.

As iemand wil aansluit word die proses in die PD, 00032 verduidelik:

“If you want in on the Discordian Society, then declare yourself what you wish, do what you like, and tell us about it or if you prefer don’t. There are no rules anywhere. The Goddess Prevails.”

Die sekte wat deur Malaclypse the Younger en Omar Khayyam Ravenhurst gestig was is genoem Paratheo-Anametamystikhood Of Eris Esoteric (POEE). Hulle identifiseer in die PD, 00022, hul struktuur soos volg:

“POEE has 5 Degrees: There is the neophyte, or Legionnaire Desciple. The Legionnaire Deacon, who is catching on. An ordained POEE Priest/Priestess or a Chaplain. The High Priest or Polyfather and the POEE Pope.

POEE Legionnaire Desciples are authorised to initiate others as Discordian Society Legionnaires, Priests appoint their own Deacons. The Polyfather ordains the Priests. I don’t know about the Popes.”

Die Episkopos, of in POEE se geval Polyfather, staan aan hoof van die sekte, en het gewoonlik een of ander ongelooflike titel bv. Malaclypse the Younger, Polyfather of Virginity in Gold; Lord Omar Khayym Ravenhurst, Bull Goose of Limbo; Kassil the Erratic; Lord Foxfire the Perpetually Combustible ens.

Die Popes word omskryf as elke persoon op aarde. Daar is ook ‘n Pope kaart wat aan enige belangstellendes uitgedeel word. Om in besit van die kaart te wees verleen nie noodwendig Papacy nie. Die kaart verleen wel die wete dat die houer “a genuine and authorised” Pope van Discordia is. (Moenie vrae vra nie, ek verstaan self nie :lol: ) Aan die onderkant van die kaart staan daar: “A POPE is someone who is not under the authority of the authorities.” Op party kaarte word die volgende verder aangebring:

The rights of a Pope include but are not necessarily limited to:

  • To invoke infallibillity at any time, including retroactively.
  • To completely rework the Erisian church.
  • To baptise, bury, and marry (with the permission of the deceased in the latter two cases).
  • To excommunicate, de-excommunicate, re-excommunicate, and de-re-excommunicate (no backsies!) both his-/her-/it-/them-/your-/our-/His-/Her-/It-/Them-/Your-/Our-self/selves and others (if any).
  • To perform all rites and functions deemed inappropriate for a Pope of Discordia.

Jy mag net aangestel word as Priest/ess as die Polyfather/Episkopos beskikbaar is, of opgespoor kan word om die sertifikaat uit te reik. Indien hy nie beskikbaar is nie, kan jy jouself tot Chaplain verklaar. Jy het dieselfde voorregte as die Priest/ess, maar net nie die sertifikaat nie. Proses om tot Chaplain verklaar te word (PD, 00028):

  • Write the Erision affirmation in 5 copies.
  • Sign and noseprint each copy.
  • Send one to the President of the United States.
  • Send one to the California State Bureau of Furniture and Bedding at 1021, “D” street, Sacramento, California, 94814.
  • Nail one to a telephone pole.
  • Hide one. And burn the other. Then consult your pineal gland.

Discordianism het verkeie skrywers en ander artists geinspireer en verskeie werke soos die boeke, The Illuminatus! trilogie en verwysings in ander boeke, rolprente en tv-reekse het die lig gesien.

Discordians word in verkeie projekte betrek, waarvan Operation Mindfuck seker die belangrikste is. Verskeie kleiner projekte sorteer ook hieronder. Dit kan alle vorme aanneem van graffiti en vandalisme, practical jokes ens. waarmee teenstand teen outoriteit bewys word. Baie van die projekte word dan ook genoem in The Illuminatus! Trilogy en kan die volgende insluit:

  • Project Jake – Een-of tweemaal per jaar word ‘n staatsdienswerker gekies wat die vlak van onnoselgeid heeltemal oorskry. All die sektes sal dan ooreenkom en op dieselfde dag pos na die persoon te stuur, op die sekte se briefhoof, met ‘n ingewikkelde en komplekse politiese vraag wat geen rasionele begrip of antwoord het nie.
  • Projek Pan-Pontification behels die uitdeel van POPE kaarte aan almal wat jy teekom.
  • Projek Graffito en Projek Bumpersticker behels die ontwerp van ‘n Erisian slagspreek en die vertoon daarvan, bv. Your Local Police Is Armed and Dangerous, Legalise Free-Enterprise Murder, Why Should Governments have all the Fun ens.

Een van die groter projekte is POSTERGASM. (GASM vir Golden Apple Seed Mission). Daarmee probeer jy die aandag van voetgangers te kry.

Postergasm - The Filltet Show - Flickr.com

Postergasm - The Filltet Show - Flickr.com

Die Missie: Om posters en biljette en plakkers in publieke plekke op te sit/te versprei.

Die Doel: Om jou onmiddelike omgewing te verander en publieke areas terug te wen. Om mense in hulle allerdaagse gang te verbaas en kreatiewe denke te stimuleer.

Hierdie POSTERGASM’s word aangemoedig om afgeneem te word en op flickr.com te sit met POSTERGASM as ‘n tag.

Postergasm deur Spacedman - Flickr.com

Postergasm deur Spacedman - Flickr.com

Aan die einde – Ek weet nie of ek moet lag of huil nie, dit was wel BAIE interessant! Tot volgende keer!

Bronne: Wikipedia & PrincipiaDiscordia

on-GELOOF-lik…Discordianism I

24 Mar

Ek het baie lanklaas so veel pret en plesier uit research geput. Letterlik gesit en lag. Verskoon die Engels wat so nou en dan gaan insluip – maar sekere dinge kan nie….of mag nie….of eerder, ek gaan nie eers probeer vertaal nie.

Discordianism is ‘n moderne geloof wat dateer uit 1958/59 wat die idee aanhang dat chaos al is wat daar is. Daar bestaan groot divisie of Discordianism eintlik maar net ‘n parodie van verskeie ander gelowe is, en of dit ernstig opgeneem moet word.

Die Griekse godin, Eris, word gesien as die beskermgodin van Discordianism.

180px-sacred-chao_svg

The Sacred Chao

Dit het alles begin in ‘n bowling alley in Amerika, waar Malaclypse the Younger en ‘n vriend ‘n gesamentlike buitewêreldse ondervinding gehad het waarby ‘n chimpanzee die Sacred Chao aan hulle oorhandig het, waarna die chinpanzee binne oomblikke voor hulle oë ontplof het. Met die Sacred Chao in die hand het hulle baie navorsing gedoen, en dit was juis die appel met die woord, Kallisti in, wat toe die sleutel tot die ontsyfering was.

Malaclypse the Younger het ook voortgegaan en die boek, Principia Discordia (PD), gepubliseer. Soort van die Discordians se reëlboek (soortgelyk aan die Bybel vir Christene). Na sy oorspronklike navorsing het hy toe op die Griekse mitologie verhaal afgekom, wat een van die hoekstene van Diskordia vorm:

The Original Snub

Zeus het geglo Eris was ‘n moeilikheidmaker en het haar nie na die huwelik van Peleus en Thetis toe genooi nie. Eris was nie gelukkig nie en het ‘n goue appel met die woorde “Kallisiti” (to the prettiest one) daarop gegraveer gemaak.

Apple of Discord

Apple of Discord

Eris het toe hierdie appel oor die vloer gerol by die huwelik, en dit het natuurlik chaos veroorsaak aangesien elke godin daar geglo het die appel is vir haar bedoel (na die aflewer van die appel het Eris blykbaar ‘n Hot Dog gaan eet). Zeus besluit toe om die arbitrasie vermoëns van die jonge heer uit Troy, Paris, te beproef.

Soos dit in elke verhaal moet wees het hulle hom probeer omkoop. Athena het groot veldslagoorwinnings belowe, Hera groot rykdom en Aphrodite die keuse van die mooiste vrou in die wêreld. Soos hulle sê – The rest is history. Paris se keuse het die eerste oorlog tussen mense ontketen as gevolg van sy “prys”, Helen.

Dit is soos volg in die DP opgeteken – “Paris being a healthy young Trojan lad, accepted Aphrodite’s bribe and she got the apple and he got screwed.”

Nog belangrike hoekstene is die Wet van Vywe (later is 23 bygevoeg) en die “Curse of Greyface”. Daar word geglo die curse is wat die wêreld TE ernstig en ordelik gemaak het. Greyface het in die jaar 1166BC gelewe en het sy volgelinge geleer dat hulle net na al die orde om hulle moet kyk om te glo dit is goed. Hy het mense geleer dat die lewe ernstig moet wees, en dat pret sonde is (Discordians probeer nog uitpluis waar Greyface al hierdie orde gesien het). As teenvoeter vir die curse bied Malaclypse the Younger die volgende in PD, 00074 – The human race will begin solving its problems on the day it ceases taking itself so seriously.

In PD,00004, word die doktrine, of letterlik “5 Commandments” gevind:

  • There is no Goddess but Goddess and She is your Goddess. There is no Erisian movement but The Erisian Movement and it is The Erisian Movement. And every Golden Apple Corps is the beloved home of a Golden Worm.
  • A Discordian Shall Always use the Official Discordian Document Numbering System.
  • A Discordian is required to, the first Friday after his illumination, Go Off Alone & Partake Joyously of a Hot Dog; this Devotive Ceremony to Remonstrate against popular Paganisms of the Day: of Roman Catholic Christendom (no meat on Friday), of Judaism (no meat of Pork), of Hindic Peoples (no meat of Beef), of Buddhists (no meat of Animal), and of Discordia (no Hot Dog Buns).
  • A Discordian shall Partake of No Hot Dog Buns, for such was the Solace of Our Goddess when She was Confronted with the Original Snub.
  • A Discordian is Prohibited from Believing What He Reads.

In Deel II sal die organisasie-struktuur behandel word, asook hedendaagse projekte waarmee die Discordians besig is.

Aansoekvorm uit die PD

Aansoekvorm uit die PD

Bronne: Wikipedia & PrincipiaDiscordia

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers