Ek het baie lanklaas so veel pret en plesier uit research geput. Letterlik gesit en lag. Verskoon die Engels wat so nou en dan gaan insluip – maar sekere dinge kan nie….of mag nie….of eerder, ek gaan nie eers probeer vertaal nie.
Discordianism is ‘n moderne geloof wat dateer uit 1958/59 wat die idee aanhang dat chaos al is wat daar is. Daar bestaan groot divisie of Discordianism eintlik maar net ‘n parodie van verskeie ander gelowe is, en of dit ernstig opgeneem moet word.
Die Griekse godin, Eris, word gesien as die beskermgodin van Discordianism.

The Sacred Chao
Dit het alles begin in ‘n bowling alley in Amerika, waar Malaclypse the Younger en ‘n vriend ‘n gesamentlike buitewêreldse ondervinding gehad het waarby ‘n chimpanzee die Sacred Chao aan hulle oorhandig het, waarna die chinpanzee binne oomblikke voor hulle oë ontplof het. Met die Sacred Chao in die hand het hulle baie navorsing gedoen, en dit was juis die appel met die woord, Kallisti in, wat toe die sleutel tot die ontsyfering was.
Malaclypse the Younger het ook voortgegaan en die boek, Principia Discordia (PD), gepubliseer. Soort van die Discordians se reëlboek (soortgelyk aan die Bybel vir Christene). Na sy oorspronklike navorsing het hy toe op die Griekse mitologie verhaal afgekom, wat een van die hoekstene van Diskordia vorm:
The Original Snub
Zeus het geglo Eris was ‘n moeilikheidmaker en het haar nie na die huwelik van Peleus en Thetis toe genooi nie. Eris was nie gelukkig nie en het ‘n goue appel met die woorde “Kallisiti” (to the prettiest one) daarop gegraveer gemaak.

Apple of Discord
Eris het toe hierdie appel oor die vloer gerol by die huwelik, en dit het natuurlik chaos veroorsaak aangesien elke godin daar geglo het die appel is vir haar bedoel (na die aflewer van die appel het Eris blykbaar ‘n Hot Dog gaan eet). Zeus besluit toe om die arbitrasie vermoëns van die jonge heer uit Troy, Paris, te beproef.
Soos dit in elke verhaal moet wees het hulle hom probeer omkoop. Athena het groot veldslagoorwinnings belowe, Hera groot rykdom en Aphrodite die keuse van die mooiste vrou in die wêreld. Soos hulle sê – The rest is history. Paris se keuse het die eerste oorlog tussen mense ontketen as gevolg van sy “prys”, Helen.
Dit is soos volg in die DP opgeteken – “Paris being a healthy young Trojan lad, accepted Aphrodite’s bribe and she got the apple and he got screwed.”
Nog belangrike hoekstene is die Wet van Vywe (later is 23 bygevoeg) en die “Curse of Greyface”. Daar word geglo die curse is wat die wêreld TE ernstig en ordelik gemaak het. Greyface het in die jaar 1166BC gelewe en het sy volgelinge geleer dat hulle net na al die orde om hulle moet kyk om te glo dit is goed. Hy het mense geleer dat die lewe ernstig moet wees, en dat pret sonde is (Discordians probeer nog uitpluis waar Greyface al hierdie orde gesien het). As teenvoeter vir die curse bied Malaclypse the Younger die volgende in PD, 00074 – The human race will begin solving its problems on the day it ceases taking itself so seriously.
In PD,00004, word die doktrine, of letterlik “5 Commandments” gevind:
- There is no Goddess but Goddess and She is your Goddess. There is no Erisian movement but The Erisian Movement and it is The Erisian Movement. And every Golden Apple Corps is the beloved home of a Golden Worm.
- A Discordian Shall Always use the Official Discordian Document Numbering System.
- A Discordian is required to, the first Friday after his illumination, Go Off Alone & Partake Joyously of a Hot Dog; this Devotive Ceremony to Remonstrate against popular Paganisms of the Day: of Roman Catholic Christendom (no meat on Friday), of Judaism (no meat of Pork), of Hindic Peoples (no meat of Beef), of Buddhists (no meat of Animal), and of Discordia (no Hot Dog Buns).
- A Discordian shall Partake of No Hot Dog Buns, for such was the Solace of Our Goddess when She was Confronted with the Original Snub.
- A Discordian is Prohibited from Believing What He Reads.
In Deel II sal die organisasie-struktuur behandel word, asook hedendaagse projekte waarmee die Discordians besig is.

Aansoekvorm uit die PD
Bronne: Wikipedia & PrincipiaDiscordia
Onlangse ondersteuners: