Fotojoernalis
Ek wil ‘n foto neem
Man Met Koerantkombers;
Kind Bedel Vir Kos;
Vrou Dra Water Aan.
Ek wil ‘n foto neem
Pa Sterf Van VIGS;
Ma Is Nou Weduwee;
Kind Is Nou Weeskind.
Ek wil ‘n foto neem
Kind Is Verkrag;
Pa Met Koeëlwond;
Ma Omgery Deur Taxi.
Ek wil ‘n foto neem
Gesin Treur In Hande;
Familie Om Oop Graf;
Gemeenskap In Vrees.
Ek wil hierdie foto’s vat
En die lamppale versier;
Baniere vir die sport;
Biljette vir karvensters;
Tattoo vir jou voorkop?
Want die mens leef in volkleur;
Nie net in swart of wit of sepia.
Daar staan ‘n mens agter die kruisie.
Onlangse ondersteuners: