Fotojoernalis
Ek wil ‘n foto neem
Man Met Koerantkombers;
Kind Bedel Vir Kos;
Vrou Dra Water Aan.
Ek wil ‘n foto neem
Pa Sterf Van VIGS;
Ma Is Nou Weduwee;
Kind Is Nou Weeskind.
Ek wil ‘n foto neem
Kind Is Verkrag;
Pa Met Koeëlwond;
Ma Omgery Deur Taxi.
Ek wil ‘n foto neem
Gesin Treur In Hande;
Familie Om Oop Graf;
Gemeenskap In Vrees.
Ek wil hierdie foto’s vat
En die lamppale versier;
Baniere vir die sport;
Biljette vir karvensters;
Tattoo vir jou voorkop?
Want die mens leef in volkleur;
Nie net in swart of wit of sepia.
Daar staan ‘n mens agter die kruisie.
Wow dit is baie baie mooi!!! Mag jy ‘n heerlike wonderlike dag hè!!!!
“Life is like an onion: You peel it off one layer at a time, and sometimes you weep.” —Carl Sandburg
demoerin – ek sal saam met jou die foto’s teen die lamppale gaan opsit .
Demoerin, vir my persoonlik, jou beste!!!!!
Wow wow kragtige poem!!
Waar kan ons hierdie poem inskryf???? Weet iemand dalk???
Ek meen inskryf vir ‘n kompetisie? Woes webwerf dalk?
Pragtig!
Treffend!
Dis baie mooi. En hartseer. En werklik.
You are all to kind……
Ek gaan my se se met my kruisie, ek sal agter die kruisie staan en weet ek het nie deel in die elende nie.Mooi gedoen.