Archive | April, 2009

Für Frieden Freiheit….

30 Apr

Op 30 April 1945, ‘n dag nadat hulle getroud is pleeg Adolf Hitler en Eva Braun selfmoord. Die vyand was op sy stoep besig om Berlyn oor te neem, en Mussolini het slegs 2 dae van te vore ‘n wreedaardige dood gesterf.

Foto: Wikipedia

Foto: Wikipedia

“Evil” is dikwels ‘n woord wat gebruik word om Hitler, sy getroue volgelinge en hul dade te beskryf. ‘n Gedenksteen is in Braunau am Im, buitekant die gebou waar Hitler gebore is opgerig, om die wêreld aan die euwels van oorlog en diktatorskap te herinner.

180px-mahnstein

Foto: Wikipedia

En tog is dit baie hartseer, want dit blyk die wêreld het ‘n baie kort geheue, of verkies om selektief te onthou.
Ek hoop dat ek my lewe so kan lei, dat dit nooit nodig sal moet wees om ‘n drastiese stap soos selfmoord te moet oorweeg, om te probeer wegkom van verantwoordelikheid neem vir my gruwelike dade nie.
Mag “Für Frieden Freiheit” en “Millionen Tote Mahnen” weer betekenis en impak op ons wêreldleiers hê!
The world needs heroes and it’s better they
be harmless men like me
than villians like Hitler
- Albert Einstein -
Bron: Wikipedia

Hitch… The Master of Suspence

29 Apr

Op 29 April 1980 is Sir Alfred Joseph Hitchcock oorlede na byna ses dekades in die film bedryf en meer as 50 vollengte flieks onder sy regisseurskap. ‘n Leeftyd toegewy aan die fliek en die filmbedryf.

Foto: Wikipedia

Foto: Wikipedia

“The length of a film should be directly related to the endurance of the human bladder”

Oral bekend as “The Master of Suspence” het Hitchcock eers in die “silent” films en toe later in die “talkies” sy genieskap nagelaat vir moderne vervaardiging- en kamera tegnieke. In slegs 5 jaar het Hitchcock flieks onder sy direksie gehad, na sy begin as titelontwerper vir stil films.

Dit was maar nog in die begin van die filmbedryf en Hitch het baie vinnig, en baie duidelik laat blyk dat hy sy stempel op die film-revolusie gaan afdruk. Hitch het vir ure saam met die skrywers gewerk en elke fliek tot on die fynere detail uitgewerk, en gememoriseer voor daar met enige verfilming begin is.

Sy tegnieke vir die skep van naelkou afwagting en die verfilming van psigologiese rillers wat jou op die punt van jou stoel hou was so uniek, en effektief, dat dit nog steeds in moderne verfilming gebruik word. Onder sy direksie het dit natuurlik beteken dat die top akterurs en aktrises nooit nee gesê het vir ‘n Hitchcock fliek nie, alhoewel dit bekend was dat sy verhoudings met die akteurs nooit baie goed was nie.

Met flieks soos Dial M for Murder, Lifeboat, Vertigo, To Catch a Thief, The Man Who Knew Too Much, North by Nortwest en Psycho is dit duidelik hoekom hy so suksesvol was. Dit was dan ook net natuurlik dat Hitchcock ook ‘n televisie-drama reeks, Alfred Hitchcock presents aangepak het.

Alhoewel Hitchcock 6 Oscar nominasies vir sy direksie van die flieks Psycho, Rebecca, Lifeboat, Spellbound, Rear Window en produksie van die fliek Suspicion ontvang het, het hy nooit een gewen nie. Hy het wel die Irving G. Thalberg Memorial Award in 1967 ontvang. 16 van die flieks waarby hy betrokke was, het ‘n totaal van 50 Oscar nominasies verwerf!

Ses dekades is ‘n leeftyd toegewy aan iets waarvoor hy lief was. Ons lewens is ook maar net ‘n baie lang fliek wat op ‘n silwerdoek afspeel. Jy die skrywer, regisseur, verwaardiger en in beheer van die produksie. Leef jou rol so dat dit ‘n Oscar werd is, en die mense om jou nie na 10 minute die teater wil verlaat nie.

As jy eendag op jou sterfbed lê, en jou lewe soos ‘n fliek voor jou oë afspeel, moet dit die moeite werd wees om na kyk. Elke dag ten volle: Geen spyt: Leer uit jou foute.

Bron: Wikipedia

WEW…15/52

28 Apr

Die lekker laaaaang naweek het baie geleendheid vir wonder gebied. Ek moet sê die grootste wonder was heel moontlik:

Wat sou gebeur het as die taxi’s op strike was 22 April?

Die Week in ‘n Neutedop….

24 Apr

imgp0838-12

Bla bla bla bla bla bla bla bla bla.

Bla bla blaaaaaa bla!

Vertaling:

Jy moet maar self die blogosfeer aandurf die week.

Demoerin hou laaaaaang naweek!

Wat soek jy hier?

22 Apr

Jy is veronderstel om in ‘n ry te staan om te stem.

Toe Toe! Af met die internet. Stemlokaal toe met jou!

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers