Archive | 6:46 vm

Die Week in ‘n Neutedop….

3 Apr

imgp0838-1Maart het gekom en gegaan en ‘n kwart van die jaar is verby. April Fool’s het ook sy merk gelos, en daar is gewoonlik as dit by grappies kom geen groter fools as die areme Iere nie. Demoerin se Wêreld se 1ste verjaarsdag het so lekker saam met April Fool’s Day geval. En ja, ons is nou in jaar nommer 2!

Vandag is natuurlik 3 April, Cleavage Day! Hoop die dames daarbuite spoil die mans met ietsie vir die oog!

Dit blyk stillerig in die blogosfeer te wees, ek dink almal is besig met hulle Tandem Stories! Dit is groot pret en kyk uit vir my en Sonkind se publikasie van Hoofstuk 1 later vandag. Hopelik gaan ons mekaar se stories met respek hanteer? :lol:

Die 2de April was Internasionale Kinderboek Dag. Ek is baie dankbaar vir die liefde vir boeke wat sommer vroeg in my lewe al by my gekweek is. My boekrakke vol boeke is van my kosbarste besittings. Ek is ook natuurlik die boring persoon wat met elke kind se Kers- of verjaarsdaggeskenk seker maak daar is ‘n boek by! Dit is so belangrik vir ouers om hierdie liefde te help kweek….. dit verbreed nie net die kind se verwysingsraamwerk nie, maar ook woordeskat en leer hulle om te dink.

Ons het ook hierdie week die geleendhede gehad om van die mense in die blogosfeer bietjie van nader te leer ken. Dit het die vorm van onderhoude, foto’s op die strand en foto’s op straat aangeneem. Soos wafferse paparatzi is die bloggers daarbuite…. wees gewaarsku – Jy is dalk volgende! Ons leer ook nuwe bloggers ken, as jy nog nie daar ‘n draai gemaak het nie – Gaan ontmoet vir Mavis, en neem deel aan die Sloesj eksperiment en gaan loer wat by die Willeklonge aangaan.

En as jy nou klaar vanaand getob het oor jou tjoeftjokker status, wens ek jou vir die res van die naweek ure en ure en ure en ure en… (you catch my drift) van die beste, sluwe, onderwater gutterseks toe.

(Pssst – Die enkel dames, ietsie vir julle ook te kan deelneem)

UPDATE: Julle sal daarbo ‘n nuwe bladsy met die naam Tandem Storie gewaar, julle sal my en Sonkind se eerste hoofstuk daar kry! Lekker lees!

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers