Archive | 6:00 vm

Die Week in ‘n Neutedop……

17 Apr

imgp0838-11

Nou ja, ons is halfpad deur April. Paasnaweek is verby, en so ook ons tweede week met net 4 werksdae. Goeie nuus is daar is nog 2 sulke weke. Heehaa! Zuma se saak is intussen teruggetrek, net betyds vir die verkiesing volgende week. Wondere sal my ook nooit verbaas nie, en die ANC is selfs al besig om verskoning te maak vir hulle tekortkominge, en ek dink dit gaan geboorte gee aan nog tonne van die satires. Wonder of hulle ook bang is vir die koekiemonster?

Onthou nou dat volgende Woensdag, 22 April is nie sommer net ‘n verniet dag nie! Jy moet gaan stem – en net dalkies kan ons die ANC wys dit hulle vir te lank, te lekker op die soustrein gery het. Die laaste stasie is verby en hulle moes eintlik maar daar afgeklim het!

Terwyl ons nou oor hierdie wonderlike land van ons praat, ken jy die straat slang? Wie sou in elk geval gedink het dit is slang? Dit is dan alledaagse woorde! Nog ‘n wonderlike ding die afgelope 2 weke was natuurlik dat Aussie gatte behoorlik geskop word in die krieket. Geluk, en dan natuurlik jou plekkie in hierdie Sonskynland van ons vereis natuurlik oopkop, en weet wie jy is en waarheen jy oppad is. Dit is natuurlik wonderlik as mense van jou goeddink, of dinge vir jou doen – dus liefde bewys. Elke mens het maar die soeke na aanvaarding, maar moet jy dalk nie eers jouself vind nie?

En maak al hierdie dink jou bietjie mal – Gryp ‘n drankie en gaan lees die tandem stories as jy nog nie begin het nie – En moenie vergeet om BB se song te gaan luister oor Die Marsmanne nie!

Het ek al genoem julle moet volgende week gaan stem? Wel onthou!

Terwyl die manne almal hulle wel, uhmmmm, lewens verleng bly al oor om een en elk ‘n wonderlike, eksotiese naweek gevul met die beste sluwe, onderwater gutterseks toe te wens. Wees tog net versigtig, julle wil nou nie moet ongelukkies verduidelik nie!

PS. En as jy dit dalk sou wou opneem, stuur tog net bietjie aan. Ons het definitief nie almal dieselfde idee van volwasse vermaak nie :wink:

PSS. Het ek al gesê julle moet volgende week stem?

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers