Die lekker laaaaang naweek het baie geleendheid vir wonder gebied. Ek moet sê die grootste wonder was heel moontlik:
Wat sou gebeur het as die taxi’s op strike was 22 April?
Die lekker laaaaang naweek het baie geleendheid vir wonder gebied. Ek moet sê die grootste wonder was heel moontlik:
Wat sou gebeur het as die taxi’s op strike was 22 April?
Not a bloody chance!
wat sou gebeur? genugtig Demoerin. free and fair comes to mind!
Hulle sou busse gekoop het, maar die stemmers sou aangery geword het.
Yip, by hook or by crook comes to mind.
Of die verkiesing sou uitgestel gewees het?
Waaroor ek vanoggend gewonder het… Op Morning Live het hulle met vreeslike geleerde mense gepraat oor wat die nuwe Zuma-regering behoort te doen. Ek wonder, kyk enigiemand van die regering hoegenaamd Morning Live?
Ek sal so hoop Boendoe…. baie geld word daar ingeploeg!
Goeie vraag en ek ding julle het reeds die antwoord daarop gekry! Natuurlik sal daar plan gemaak word…
ek wonder nou ook oor die volgende:
indien Mnr Zuma werklik Jan-Alleman se belange op die hart dra – soos proclaim word – hoekom R75 miljoen aan ‘n partytjie spandeer?
ek wonder hoeveel honger mense sou met ‘n vol maag kon gaan slaap indien daar geld doeltreffend aangewend word.
ek wonder hoeveel beloofde huise kon gebou word.
ek wonder hoeveel ‘potholes’ kon reggemaak word.
ek wonder hoeveel werksgeleenthede kon geskep word.
ek wonder … duidelik te veel
So waar Betsie. Hierdie gewonder gee my hoofpyn. Ek wonder ook blykbaar te veel!
For the people se gat! Eie status ja!
sulke diep gewonder laat my gewoonlik verlang na die dae wat jou grootse worry was of jou ma vir jou draairoomys sal koop as julle see toe gaan.
nostalgie … lekker woord
Nostalgie… mmm, mooi woord – Voel ‘n rymelary aankom…
Hulle sou plan gemaak het verseker!
Nooit al moes hulle hul taxi’s self stoot/trek . . .daai sallie gebeur hettie.