Op 30 April 1945, ‘n dag nadat hulle getroud is pleeg Adolf Hitler en Eva Braun selfmoord. Die vyand was op sy stoep besig om Berlyn oor te neem, en Mussolini het slegs 2 dae van te vore ‘n wreedaardige dood gesterf.

Foto: Wikipedia
“Evil” is dikwels ‘n woord wat gebruik word om Hitler, sy getroue volgelinge en hul dade te beskryf. ‘n Gedenksteen is in Braunau am Im, buitekant die gebou waar Hitler gebore is opgerig, om die wêreld aan die euwels van oorlog en diktatorskap te herinner.

Foto: Wikipedia
En tog is dit baie hartseer, want dit blyk die wêreld het ‘n baie kort geheue, of verkies om selektief te onthou.
Ek hoop dat ek my lewe so kan lei, dat dit nooit nodig sal moet wees om ‘n drastiese stap soos selfmoord te moet oorweeg, om te probeer wegkom van verantwoordelikheid neem vir my gruwelike dade nie.
Mag “Für Frieden Freiheit” en “Millionen Tote Mahnen” weer betekenis en impak op ons wêreldleiers hê!
The world needs heroes and it’s better they
be harmless men like me
than villians like Hitler
- Albert Einstein -
Bron: Wikipedia
Onlangse ondersteuners: