Op 30 April 1945, ‘n dag nadat hulle getroud is pleeg Adolf Hitler en Eva Braun selfmoord. Die vyand was op sy stoep besig om Berlyn oor te neem, en Mussolini het slegs 2 dae van te vore ‘n wreedaardige dood gesterf.

Foto: Wikipedia
“Evil” is dikwels ‘n woord wat gebruik word om Hitler, sy getroue volgelinge en hul dade te beskryf. ‘n Gedenksteen is in Braunau am Im, buitekant die gebou waar Hitler gebore is opgerig, om die wêreld aan die euwels van oorlog en diktatorskap te herinner.

Foto: Wikipedia
En tog is dit baie hartseer, want dit blyk die wêreld het ‘n baie kort geheue, of verkies om selektief te onthou.
Ek hoop dat ek my lewe so kan lei, dat dit nooit nodig sal moet wees om ‘n drastiese stap soos selfmoord te moet oorweeg, om te probeer wegkom van verantwoordelikheid neem vir my gruwelike dade nie.
Mag “Für Frieden Freiheit” en “Millionen Tote Mahnen” weer betekenis en impak op ons wêreldleiers hê!
The world needs heroes and it’s better they
be harmless men like me
than villians like Hitler
- Albert Einstein -
Bron: Wikipedia
“Whatever you are, be a good one.” Abraham Lincoln
Was dit nie effe grootkoppig van Einstein nie?
Die hele Hitler-ding was nog altyd vir my baie interessant. Ek het `n boek in my boekrak oor die Tweede Wêreldoorlog wat ek al hoe lank dreig om te lees…
Ek onthou hierdie liedjie wat ons altyd op skool gesing het:
♫ Hitler had only one big ball
♪ Chaka had two, but they were small
♫ Rommel s’n was gefrommel
♪ And Mussolini had f-all at all…
Hm. Dalk tyd om ‘n nuwe liedjie te skep oor die huidige helde se balle. Zuma s’n, Pieter Mulder s’n…gelukkig kan Zille die ene uitsit.
Ja, is nogal, ne?
Dan sal dit nou so klink:
♪ Mugabe had only one big ball
♪♪Mbeki had two, and they were not too small
♪Zuma’s balls always had to shower
♪♪ And though Zille had no balls, she had the power!