Wel vir al die ongeduldiges daarbuite…. Hoofstuk 5 is geplaas.
En vir die wat al vergeet het… Dit was ‘n inisiatief van Dellie en my skrywersmaatjie is Sonkind… en ja
ons trek nou al so 15,000 woorde later.
Wel vir al die ongeduldiges daarbuite…. Hoofstuk 5 is geplaas.
En vir die wat al vergeet het… Dit was ‘n inisiatief van Dellie en my skrywersmaatjie is Sonkind… en ja
ons trek nou al so 15,000 woorde later.
Vyf maande van 2009 lê agter die rug. Scary as jy dink aan als wat jy nog hierdie jaar jouself belowe het om aan te pak. Skouer aan die wiel mense! Moenie nou al jou drome en voornemens opgee nie…. Droom, want eendag is eendag…. al is dit ook nou fake! Doen watookal jou haarstuk terugblaas, want jy moet elke aand in die spieël verantwoording aan jouself doen.
Een van die dinge wat ons maar meer kan doen, is om te sê wat ons dink. Lig daardie opinie. Ek glo nie ons gesef hoe gelukkig is ons om in ‘n land te lewe waar vryheid van spraak, een van die hoekstene van demokrasie, elke dag uitgeoefen kan word nie. Ons sien selfs hoe die politici goed werk maak daarvan, dink maar net aan die onlangse Zille vs. Malema spektakel.
Ongelukkig is daar lande wat daar nie net wenkbroue gelig word, of jy oor die vingers getik word, as jy nou byvoorbeeld die staat sal kritiseer nie. Dit is baie hartseer, veral waar mense verhoed word om vir hulleself te dink. (So as ek nou in die volgende paar weke spoorloos verdwyn – begin by die inskrywings op my nuutgestigte Poephol Ererol soek.)
Ons sien onlangs nog die geval waar ‘n Special Assignment uitsending oor politieke satire al twee keer stopgesit is weens politieke druk by die SABC. Gelukkig is daar plekke wat nie polities verbind is nie, en kan die insetsel my M&G besigtig word.
Ons bly tog maar net mens, en voor ons te ernstig raak is daar ‘n geskenkie vir die mans en die dames. Daar is ook ‘n paar wenke wat handig te pas sal kom (en dalk jou oë sal laat rek in ongeloof), veral as jy sien wat ouma kan aanvang met te veel tyd op haar hande (dit seker nou nadat al SABC se sepies van die kassie afgehaal is.)
En net omdat ek hard gedink het, en weet ek is reg, gaan hierdie naweek nie GRYS wees nie – Maar BLOU, in elke skakering wat jy kan voorstel.
En daarom is al wat oorbly, om julle ‘n naweek gevul van hoek tot kant van die beste, sluwe, onderwater gutterseks moontlik toe te wens. Ek gooi selfs scuba-gear in hierdie week, aangesien julle slegs mag opkom vir 2 ure laat moremiddag – die TV gaan noggie onderwater werk nie!
Wat laat die Amerikaners dink dat wat hulle doen, enigsens anders is as soortgelyke aan WWII konsentrasiekampe?
Die Geneva Konvensie maak voorsiening vir 3 klasse van gevangenes – POW’s, Civilians of Medics. Jy kan nie net sommer jou eie reëls opmaak opmaak soos dit JOU pas nie.
Welkom Amerika…. ons eerste inskrywing op die ererol.

Answer to the Ultimite Question
Waaroor Ek Wonder (WEW) sit maar ons Hitchhiker’s tema voort vandag. As sentrale tema in die boek vind ons, The Answer to the Ultimate Question of Life, the Universe, and Everything – naamlik 42. Eintlik maar ‘n doodgewone niksseggende nommer. Die nommer 42 en die frase het al so kultus status bereik dat jy dit oral kan opspoor – Gaan probeer dievolgende in jou Google soekblokkie – tik in ” the answer to life, the universe and everything “. Oulik nê!

So ja, kom on speel ‘n kreatiewe speletjie:
Wat is jou antwoord op die vraag – wees kreatief!
The Answer to the Ultimate Question about Life, the Universe, and Everything is …….

Die skrywer, Douglas Adams is op 11 Mei 2001 oorlede. Hy het wêreldwye kult-aanhanging verwerf met sy boek, The Hitchhiker’s Guide to the Galaxy. In my oë nog steeds een van my gunsteling boeke.
Op 25 Mei 2001 is die eerste “Towel Day” gehou deur aanhangers in sy nagedagtenis, wat toe in ‘n jaarlikse herdenking op 25 Mei ontaard het. Nou hoekom juis “Towel Day”?
“The greatness of towels” vir elke hitchhiker deur die buiteruim word sorgvuldig in Hoofstuk 3 behandel:
A towel, it says, is about the most massively useful thing an interstellar hitchhiker can have. Partly it has great practical value. You can wrap it around you for warmth as you bound across the cold moons of Jaglan Beta; you can lie on it on the brilliant marble-sanded beaches of Santraginus V, inhaling the heady sea vapors; you can sleep under it beneath the stars which shine so redly on the desert world of Kakrafoon; use it to sail a miniraft down the slow heavy River Moth; wet it for use in hand-to-hand-combat; wrap it round your head to ward off noxious fumes or avoid the gaze of the Ravenous Bugblatter Beast of Traal (such a mind-boggingly stupid animal, it assumes that if you can’t see it, it can’t see you); you can wave your towel in emergencies as a distress signal, and of course dry yourself off with it if it still seems to be clean enough.
So moenie mense snaaks aankyk as hulle vandag met ‘n handdoek rondloop nie, dit is net bewys van nagedagtenis aan ‘n ongelooflike skrywer, Douglas Adams.

Bronne: Wikipedia, towelday.org & towel-day.com
Onlangse ondersteuners: