Ek wonder wat is daardie een enkele alledaagse takie wat jy die MEESTE haat?
Vir my is SKEER loshande die wenner. Ek haat dit met ‘n passie!

foto: kipourax @ flickr.com
Daar is soveel ouliker dinge wat met skeerroom gedoen kan word:

foto: captpiper @ flickr.com
Grimering opsit en afhaal. Weke gaan verby dat ek maar “natuurlik” rondloop omdat ek dit so haat!
Ja, ek stem saam met Jane oor die grimering. ‘n Close second is kontaklense uithaal.
Moet sê, die kontaklense in en uit pla my nou glad nie.
Hare uitblaas?
Ek koek gewoonlik die borsel in my hare – so ek blaas sommer kop onderstebo en durf die dae wild aan…
daardie wakker word en werk kry my elke dag onder
ek is met dellie op die hare! irriteer sewe soorte blou kak uit my uit!!!
Ek dra net my hare in ‘n poniestert. Met die poniestert en sonder make-up lyk ek seker 12 jaar oud, maar nou ja…
Groei jou baard en snor! Ek dare jou. Ek’s mal oor grimeer, maar stem met Dellie oor die hare uitblaas.
aaaah ek stem 100% saam oor die skeer!
Ek haat opstaan as ek nie wil nie!
Ek dra byna nooit grimering nie en my hare is nie meer ‘n probleem nie
flip, ek haat ook skeer…………………………………………………………….beenhare
kan hulle nie maar net uitval nie?
Ja skeer , uhm dis nou my baard natuurlik.
Dis waar daar is beter dinge om met skeerroom aan te vang………. en dis om mevrou Brein te skeer.Waar sal ek nou maar nie se nie.Ek skeer haar so lekker want dan eet ek so lekker.
Netjane ek haat dit as my vrou `n poniestert dra, sy kan dit doen as sy huisskoonmaak, maar fokkit so loop sy nie saam met my in die dorp nie, met mooi langhare moet jy los dra of in `n mooi styl, nee vas is vir lui mense.
My kop sal nie twee maal draai in `n vrou se rigting as haar hare in `n poniestert vas is nie, dit lyk net nie sexy nie.En dit lyk afgeskeep.Grimering kan julle dra maar met mate.
Ek wens daar was ‘n roompie wat jy in die aand aansmeer en in die oggend is die gesiggie skoongeskeer….. eendag….. hopelik in my leeftyd.
@ Kaalvoet – Waar is jou hare heen?
Ek dink nou net –
Jooooeee – Hoooooeeee Emil!
As jy nou sulke oulike gadgets vir die doggertjies opspoor, kyk of jy nie iets virrie seuntjies vir skeer kan opspoor nie.
Hmmm – dink jy nie evolusie moes nou al ‘bygekom’ het en begin besef het dat ons wragtig nie al daai hare nodig het nie – how many hundreds and thousands of years voor ons girls beenhaarloos ge-issue gaan word??
Og, ek háát stryk met een groot passie!! en die dag as ek iets stryk en by die werk kom, soos vandag – gepakkie en gebloesie het al die 3de persoon my voor 8:30 eenkant geroep om te vra : “gaan jy virre interview”??
My pet-hate ini lewe: stryk!!!
Ek haat dit om op te staan innie oggend… punt….
hi jy jammer ek is so stil …. lees jou darem nog raak!!