Archive | Junie, 2009

WEW….24/52

30 Jun

In dieselfde tv nuus-berig:

  1. Bernard Madoff kry 150 jaar tronkstaf oor sy Ponzi skema, waarin ander poepholle belê het, wat dinge geglo het wat te goed is om waar te wees.
  2. Suid-Afrika se staatshospitaal dokters en verpleegsters staan op straathoeke met plakkate en dans, terwyl mense by hospitale weggewys word.

Nou waaroor ek wonder:

Skielik lyk dit wat Bernard Madoff gedoen het,

nie meer so erg nie, en hy het ‘n 150 jaar vonnis gekry.

foto: radiospike @ flickr.com

foto: radiospike @ flickr.com

‘n Komplekse Wese

29 Jun

Partytjiemonster

Lagopwekker

Klankbord

Steunpilaar

Drinkbuddy

Pornster

Geliefde

Kind

Kleinkind

Peetpa

Vriend

Vyand,

Maar somtyds

Kluisenaar.

Is dit so moeilik om te verstaan?

Together

Stilte is die enigste teenvoeter vir geraas,

veral as die geraas in jou kop is.

Die Week in ‘n Neutedop….

26 Jun

IMGP0838-1Ek is hartseer, laas week 7 lopies in die krieket, en hierdie week 1 doel in die laaste 2 minute. EISH. Kom ons hoop die bokke haak maar weer die knoop deur more.

26 Junie 2009, sal dan ook in die geskiedenis aangeteken word, as die dag waarop die Koning van Popmusiek, Michael Jackson aan ‘n hartaanval dood is. As mens sal ek nou nie vir Jackson as een van my gunsteling persone beskryf nie, maar sover dit sy musiek, en wat hy vir musiek gedoen het aangaan, het hy die titel King of Pop verdien.

Ek het vanoggend weereens oor die sosiale media gedink, veral oor die feit dat huldeblyke van ander sterre reg oor die wêreld, deur ‘n radio-omroeper uitgelees kan word, slegs 6 ure na Michael Jackson gesterf het. Twitter en Facebook het definitief albei hulle voordele, as dit reg gebruik word, en jy presies weet waarvoor jy jouself inlaat. “Crying over spilt milk” nadat jy wetende in ‘n slaggaat wil gaan trap, maak jou eintlik maar net ‘n poephol met ‘n rekenaar of selfoon.

Terwyl ons so praat van slaggate. Mense, geld word verdien. En dan as jy baie verdien het is jy seker vry om daarmee te maak wat jy wil. Maar as iets blyk te goed is om waar te wees, veral in die huidige wêreld-ekonomiese toestande, is dit heel moontlik te goed om waar te wees. Ek dink hierdie laaste mense wat deur die Suid-Afrikaanse Ponzi skema gevang is, moet ‘n “Ek is stupid” bordjie om die nek kry. PUNT.

En dit bring ons by seker Nigeria se grootste uitvoer-produk. Elke moontlike geldmaakskema waaraan jy kan dink, met e-mail die wêreld ingestuur. En hulle sal nie aanhou uitstuur as daar nie mense is wat daarvoor val nie. Praat gisteraand met ‘n vriendin, hulle het van “ABSA” ‘n e-mail by die werk ontvang… en hulle is die enigste erfgename van ‘n skartyk man wat op die onlangse Air France vlug was wat in die see ingeval het. WTF????

Wat vir my scary is, is die invloed wat al hierdie dom mense op ‘n daaglikse basis op die wêreld het. Ek wonder wat die antwoord sou wees as dit kwantifiseerbaar was. Miskien is dit die wortel van baie probleme?

En ek is seker nou besig om kak te soek, want ek het nou al miljoene mense om die wêreld in 2 paragrawe stupid genoem. Wel as die skoen pas….

Voordat ek nou uitgehaal word, het ek ‘n beter idee… en lyk hierdie na ‘n goeie idee om bietjie liefde te versprei. Ek stel wel voor… vat dalk ‘n paar bodyguards saam… party mense gaan dit dalk nie waardeer nie. Mmmm, noudat ek dink, miskien is drukkies van slim mense ‘n manier om slimheid op die dommes af te vryf…. of miskien praat ek nou net bollie vanoggend in my brose toestand.

Persoonlik sal ek dit nou nie omgee as elke vrou met ‘n baba in die openbaar wil borsvoed nie. As dit gebeur, soos waaroor die bohaai was, sien ek dit in elk geval nie raak nie…. nog beter, hoekom gaan all vroue nie sommer topless nie… om een of ander rede glo ek gaan ek dit raaksien, en gaan julle my gelukkig maak.

Sterkte aan die mense wat so bietjie “under-the-weather” is. Dit is nou maar siekte tyd, so trek warm aan, drink baie hoendersop en doen bietjie oefening om die bloed te laat vloei… dis nou BINNE IN jou are.

En as jy lekker opgewarm is, en die bloed pomp deur die are….. gryp jou beter en/of  ander helfte en… ek wens julle ‘n naweek toe, gevul van Vrydag tot Sondag, met die beste, sluwe, onderwater, gutterseks uit jou wildste fantasieë!

Anne, die Dagboek, die Solder…. en Miep.

25 Jun

Op 25 Junie 1947 word die eerste publikasie van Anne Frank se dagboek uitgegee. Intussen is die boek al in talle tale vertaal, en is meer as 25 miljoen kopieë wêreldwyd verkoop. Naas die Bybel, die mees geleesde boek ooit.

Een van die sentrale karakters in die dagboek en daaropvolgende manuskripte is Miep, ‘n kantoorassistent in Anne se Pa, Otto Frank se besigheid. Miep en haar man, Jan, was dan ook twee van die mense wat ‘n rol gespeel het in die wegsteek van die groep in Prinsengracht 263, Amsterdam.

Miep was meer as net ‘n helper, sy was ook vriendin vir Anne gedurende daardie maande van 1942 tot 1944. Miep Gies is ook die enigste een van die persone genoem in die dagboek, aan wie Anne nie ‘n skuilnaam toegeken het nie.

miepgiesbeginjaren30

Miep, Jan en drie ander helpers het hulle lewens op ‘n daaglikse basis in gevaar gestel om die versteektes van kos, voorrade en nuus uit die buitewêreld te voorsien.

Dit het alles egter op 4 Augustus 1944 verander, die dag waarop die Gestapo die groep van 8 kom arresteer het, nadat hulle verraai was. Miep het haarself soontoe gehaas en vir hulle lewens gaan pleit, maar dit het op dowe ore geval, en Miep was slegs gespaar omdat die offisier ook oorspronklik van Austria afkomstig was. Twee van die vyf helpers was ook na konsentrasiekampe toe gestuur.

Miep het teen Nazi bevele na die solder toe gegaan en in die deurmekaarspul op die vloere Anne se dagboek, en daaropvolgende manuskripte gekry. Sy het dit in ‘n lessenaarlaai versteek, met die gedagte om dit eendag aan Anne terug te besorg.

Sonder die ander 8 se medewete, het Miep en Jan nog verder onder baie moeilike omstandighede, ook ‘n Joodse student in hulle eie woonstel versteek.

Otto Frank was egter die enigste een van die agt versteekte Jode wat oorleef het. Herman van Pels is op die dag van arrivering in Auschwitz vergas. Sy vrou is oorlede in Theresienstadt kamp in Czechoslovakia, hulle seun Peter op 5 Mei 1945 in Mauthausen Kamp, Austria. Fritz Pfeffer is in Desember 1944 dood in Neuengamme Kamp. Anne se ma is dood in Januarie 1945 in Auschwitz-Birnenau, en Anne en haar suster Margot, dae uitmekaar uit in die Bergen Belsen Kamp. Dit was etlike weke voor die geallieerde magte opgedaag het.

Mipe Gies het die dagboek met Otto se terugkeer aan hom gegee, op die dag wat dit bekend geword het dat Anne dood is, en die eerste uitgawe is gepubliseer op 25 Junie 1947.

Miep Gies is die enigste oorlewende van die groep van 13 betrokkenes, en het op 15 Februarie 2009 haar 100ste verjaarsdag gevier. Miep het haar lewe na WWII gespandeer as segspersoon vir die Anne Frank Center, ‘n internasionale organisasie gefokus op verdraagsaamheid. Jan en Miep het in 1987 ‘n toekenning vir hulle werk van die organisasie B’nai B’rith ontvang. In 1994 het sy verder die Wallenberg Award for Bravery ontvang, en in Mei van daardie jaar het sy tesame met Emilie Schindler, The Righteous Amongst the Nations, toekenning ontvang.

Miep Gies se herinneringe van haar 8 soldervriende is as volg:

I have no word to describe these people who were still always friendly and grateful. Yes, I do have a word, Heroes. True heroes they were. People sometimes call me a hero. I don’t like it .. I myself, I’m just a very common person. I simply had no choice. I could not save Anne’s life. However, I did save her diary and by that I could help her most important dreams to come true. She tells us that she wants to life on after death. Now, her diary makes her really living on in a most powerful way. And that helps me in those many hours of deep grief.

It has happened that people walk up to me and ask me waht I would answer to those who deny that the Holocaust even took place. My response is that on August 4, 1944, at 9′oclock in the morning I did meet a healthy and strong 15-year old girl, Anne Frank. the next thing I saw was her name in a German list of people on a cattle train to Aushwitz. So please, tell me where Anne frank lives at this moment if the Holocaust did not take place, because Anne Frank would still be with us today….

Vyf-en-sestig jaar later, sluit Miep nogsteeds haarself af van die buitewêreld vir een dag, 4 Augustus. Sy maak nie die deur oop nie, gaan nie uit nie en antwoord nie die telefoon nie. Sy treur oor haar vriende……

WEW….23/52

23 Jun

IMGP1086aEk wonder hoekom die mense in beheer aanneem almal wat benede hulle vlak is, is stupid?

foto: jomama1152 @ flickr.com

foto: jomama1152 @ flickr.com

Neem nou byvoorbeeld die Mamparras in Iran – As jy skelm wil wees en stemme fabriseer – maak tog asseblief net seker jy sit nie dan met meer stemme as stemgeregtigdes nie!

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 44 other followers