Archive | 7:18 vm

Die Week in ‘n Neutedop….

5 Jun

IMGP0838-1Op 5 Junie 1989, vandag presies 20 jaar terug is seker een van die bekendste, protes-foto’s van die vorige eeu geneem. Op 4 Junie het die Chinese regering met geweld deur Tiananmen Square gegaan en van al die pro-demokrasie demonstreerders ontslae geraak, honderde is dood en duisende beseer en/of in hegtenis geneem. Op 5 Junie, het ‘n man oppad huistoe met sy inkopies, voor ‘n kolom aankomende tenks gaan staan.

Die foto’s het blitsvinnig die wêreld ingegaan, en daardie enkele solitêre aksie het die wêreld aangegryp. Foto’s vertel ‘n storie, en miljoene oor die aardbol wat nie eers kon lees nie, kon die simboliek presies verstaan. Time het in 1999 die “Unknown Rebel” genomineer as een van die 100 belangrikste mense van die vorige eeu. Tot vandag nog, ken die wêreld nie die identitiet van hierdie naamlose ikoon nie.

foto: Jeff Widener

foto: Jeff Widener

Foto’s vertel stories, foto’s deel herinneringe…. foto’s is daar om gedeel te word. As mens deur jou albums, of bokse vol kiekies gaan vertel dit mos ‘n storie, die storie van jou lewe met plekke waar jy was, mense wat jou lewenspad gekruis het, en ander wie se lewens jy aangeraak het. Jou identiteit, en trots, iets wat niemand ooit van jou kan wegneem nie.

Nog iets wat nie weggeneem kan word nie, en ja ek gaan dit weer noem, is die Bulle oorwinning laas naweek. Man….dit was mooi, en as Bulls ondersteuners kommin is, is ek met TROTS kommin. Jaloesie is darem maar ‘n lelike ding nê, julle moet pasop dat ek nie die bose haas op julle loslaat nie…. of ek huur sommer hierdie bad-hairday-kat om jou uit te sort en stuur hom dan sommer aan na die Rooi Uno eienaar.

Ek spot nou so, maar die karakter eienskap vir vergifnis is nie net edel nie, maar ‘n goeie stappie tot selfverbetering. Nie altyd maklik nie (definitief makliker as Moses se skeiding van die waters)….. vergewe maar – jy kan later aan die vergeet werk…of nie, solank jy net nie jou maagsweer rekeninge vir my aanstuur nie.

Sjoe, die neutedop lyk soos ‘n smartie-boksie die week. Ietsie van alles en nog wat.

Psssst almal…. vriendin van my het onlangs in Kaasland gaan bly, en verstaan noggie lekker die blog-ding nie….. gaan loer in, en miskien sal julle bietjie met my redeneer – oor haar onderwerp.

Elk geval, ek gaan nou Kots in my nuwe karretjie laai en in die rigting van die sonsondergang verdwyn, en dan is al wat oorbly om een en elk ‘n naweek van die beste sluwe, onderwater gutterseks toe te wens.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers