Op 17 Junie, 1631 sterf Mumtaz Mahal, die huidige Shah Jahan I se gunsteling vrou tydens kindergeboorte. Die Shah was totaal en al bewoë en het besluit om sy vrou se doodswens te volbring, die mooiste mausoleum ooit in haar herinnering. Dit het langer as 20 jaar gevat om die hele kompleks te voltooi, en het na raming 32 miljoen rupees gekos.
Nou waaroor ek wonder – Is dit werklik die grootste en mooiste Monument vir Liefde, of sommer net ‘n geldmors?
Dis baie baie mooi om daar te staan! (met jou geliefde natuurlik).
Sy’s dood met die geboorte van kind nommer 14! Is dit liefde?
Mooi ja…. maar is baie mooi goed nie net maar geldmors nie? ‘n Austin Martin is ook mooi, maar net soos ‘n 1995 Citi Golf bring hy jou ook net van punt A na B.
Kyk, ek dink hulle was werklik lief vir mekaar, al was sy nou een van ‘n paar vroue, was sy blykbaar sy gunsteling, en die een wat oral saam met hom gegaan het en hom selfs raad gegee het. Hulle was onafskeidbaar.
Ek is mal oor die Taj Mahal, het selfs vir my ‘n presiese mini replica ingevoer van marmer. Verdien definitief sy plek as een van die 8ste wonders van die wêreld.
mmmm en ek dink dis baie romanties Dm!!
Mumtaz was 19 toe hulle getroud is en hulle was 19 jaar getroud, was baie lief vir mekaar. Sy was blykbaar beeldskoon en na haar dood het Shah Jahan ‘n week agter geslote deurgebring en toe hy weer verskyn was sy hare spierwit en hy het oud en afgeleef gelyk. Die kingdom het 2 jaar oor haar gerou.
Liefde? Jip verseker! Ek het ‘n erge romantiese streep weg!!
(Maar dis baie geld)
So dra ons seker almal maar ons eie kruise
haai, ek het nie dit geweet nie…so dis ‘n massiewe graf?
Yip, een moerawiese graf-kompleks