Die Week in ‘n Neutedop….

IMGP0838-17 lopies…. hoe absoluut depressing, en het het sommer witbeblixemd gevoel, ek wonder of daar ‘n vrug/groente is wat lyk soos krieket-depressie. Kom ons hou maar duim vas vir die Bokke more, en oefen die Volkslied dat ons almal saam kan sing….. ‘n 48 miljoen stuk massakoor. Vandag, 19 Junie, in die geskiedenis bring nogal twee interessante, ander gevolge van oorlog na vore. Ander as die bomme en lewensverlies.

Met die uitbreek van WWI, was alles Duits natuurlik taboe, en daarom het King George V, die huidige koning van Engeland dit goed gedink om daar en dan, op hierdie dag in 1917, die koningshuis se van te vernader, van Saxe-Coburg-Gotha na die huidige Windsor.

Na WWII was die hele Amerika in rep en roer oor kommunisme. Mense moes land uit vlug en selfs akteurs is met valkoë dopgehou, sommige het nooit weer werk op ‘n fliekstel gekry nie. Die egpaar, Ethel en Julius Rosenburg is gearresteer vir spioenasie. Hulle was aangekla vir die gee van belangrike inligting oor Amerika se atoombomprojek aan Rusland. Daar was nie daadwerklike bewyse nie, maar die doodstraf is opgelê. Die regter het beslis dat Rusland dekades weg was van atoombomontwikkeling voor hulle die inligitng gekry het, en het dus sommer die Rosenburgs summier verantwoordelik gehou vir die ongeveer 50,000 mense in Korea se dood, en die effek dat die wêreld in vrees lewe vir atoombom-aanvalle rondom die koue-oorlog. Dit het later uitgekom dat Julius wel betrokke was, maar Ethel se part kon nooit bewys word nie. Hulle is op 19 Junie 1953 tereggestel in die elektriese stoel. In een van Ethel se laaste briewe het sy die volgende gesê : “my husband and I must be vindicated by history; we are the first victims of American Fascism.” Hulle was die eerste siviele burgers wat ooit in Amerika vir spioenasie tereggestel is, die ander aangeklagdes het slegs gedeeltes van hulle tussen 10 en 20 jaar vonnisse uitgedien. Ek dink die Rosenburgs was die ongelukkige trekkers van die kort strooitjie – ‘n Voorbeeld.

As ek sulke dinge lees, dan dink ek dikwels oor hoe goete sommer net verkeerd kan loop, of as ander eers teen jou “opgegang” is, is dit nou maar soos pie in ‘n orkaan in. Nie lekker nie…. en dalk bietjie nat in jou gesig. Dit is daarom dat ons dalk moet probeer om nie so vinnig oordele te vel nie (ek was al weer skuldig hierdie week), want dit is sekerlik nie lekker om aan die ontvangkant te wees nie. Sit jouself in daardie persoon se skoene. Of probeer sommer van die staanspoor af jouself met die regte mense omring. Kies versigtig, en skep verhoudings en vriendskappe gebou op eerlikheid en opregtheid, wat lewenslank kan duur.

Goed kry die koffie gereed….. of tee as jy verkies. Koffie is maar net lekker, so saam met ‘n beskuitjie…maar lyk my tee bied soveel meer… lewenslesse.

Maar kom ons gaan bietjie sirkus toe, sodat ons bietjie kan lag en sommer lus is vir die naweek. Die nuutste een, groter as enige een tevore…. Die SAUK. Ai toggie, ek weetie of hulle ooit hulle kak gaan uitsorteer nie? Hulle programme is sad, hulle nuuslesers is sad, hulle verskaffers is sad… hulle kykers is sad. Kyk, ek is baie bly ek is in die posisie om DSTV te bekostig. BAIE BLY. Daarom dink ek gaan ek soos met al die heruitsendings op die SAUK kanale, my kwitansie ook sommer hernu.

Nou ja toe, vir die wat visuele nodig het om gekickstart te word, Ietsie vir die manne, en ietsie vir die dames …. en nog ietsie vir die dames.

Goed, dit is tyd (nie dat ek my tyd op een van hierdie lees nie) om aan een en elk ‘n ongelooflike naweek toe te wens van die beste, sluwe, onderwater gutterseks moontlik…. en mamma, gee pappa ‘n break van 3 tot 5 more om vir die bokke te cheer.

PS. As jy ‘n kansie het vandag, en wil oefen om buite die boksie te dink, gaan loer bietjie by Dellie in en speel saam met die WTF issit foto’s.

16 Responses

  1. AAAAAhhhhhh…………..Ek kan nie eers more die rugby kyk nie eks seremoniemonster op `n troue!!!!

    Interessante posting veral or die Koueoorlog, ek onthou in die vroee sewentigs hoe ons regering en die die Amerikaners `n paranoise veldtog gehad het oor die Rooi gevaar en kommunisme, self die onnies op skool was geindoktrineer. Almal het gese die land wat die eerste knoppie druk vir `n afvuur van `n kernwapen gaan die oorlog wen.

    Ja kies die mense met wie mens uithang en kuier want mens kan so viinnig in negatiwiteit ingetrek word.Omring jou met vrolike opgewekte mense en dan sal jyself baie beter voel.

    Die krieket was spannend/teleurstellend, as ons chappie kouende kaptein net Dentyne kou sal dit beter gaan.(lol) Ek hou regtig nie van Graeham nie.

    Lekker naweek vir jou en doen bietjie seks bo op `n Li- lo in die swembad, want die water is te koud.

  2. jy laat mens bietjie dink op hierdie vrydag DMI….

    have a great gutter weekend !

  3. Lekkerrr. Ek het nou almal besoek en opgevang. Wat met die Rosenburgs gebeur het, is skandalig. Dit was seker ‘n vorm van fassisme, maar hulle (sy) daad was ‘n dom ding om te doen in ‘n era waar kommunisjagters een agter elke bos gesien het.

  4. Lekker naweek !!!

  5. Geniet jou naweek. En probeer die bloedruk laaghou met die sport.

  6. Ai ja, die krieket was teleurstellend. :sad: Ons hou duime vir die Bokke.

  7. Die Rosenburgs storie was baie interessant.

  8. Ek is net moerse bly ons het die rugby gewen.

Leave a Reply