WEW….24/52

30 Jun

In dieselfde tv nuus-berig:

  1. Bernard Madoff kry 150 jaar tronkstaf oor sy Ponzi skema, waarin ander poepholle belê het, wat dinge geglo het wat te goed is om waar te wees.
  2. Suid-Afrika se staatshospitaal dokters en verpleegsters staan op straathoeke met plakkate en dans, terwyl mense by hospitale weggewys word.

Nou waaroor ek wonder:

Skielik lyk dit wat Bernard Madoff gedoen het,

nie meer so erg nie, en hy het ‘n 150 jaar vonnis gekry.

foto: radiospike @ flickr.com

foto: radiospike @ flickr.com

13 Responses to “WEW….24/52”

  1. VAKTAP Junie 30, 2009 at 2:59 nm #

    Sodra ons die land terug gevat het sal die dinge einde kry.

    Groete

    Dr. Sakkie Boer – VAKTAP – (Vereniging vir die Afrikaner Kultuur, Taal en die Allerhoogste Party)

  2. boendoe Junie 30, 2009 at 10:52 nm #

    Ek het nou die dag ‘n brief van een van die stakende dokters in die Beeld gelees. Hulle staak nie slegs vir meer geld nie, maar ook beter omstandighede – sodat die pasiente op die ou einde beter behandeling kan kry. Soos genoeg voorrade. Waar in jou lewe het jy gehoor van ‘n kindersaal sonder ‘n koorsstroop? So, ek steun hulle. Die regering moet sy gat in rat kry.

    • demoerin Julie 1, 2009 at 7:02 vm #

      Alles goed en wel, maar ek glo nie professionele mense moet hulle so gedra nie. Daar is maniere en maniere om dinge te doen, en om die land se gesondheid “hostage” te hou is sekerlik nie een van die beteres nie?

      • demoerin Julie 1, 2009 at 7:03 vm #

        Hulle dring daarop aan om soos oorsee, soos professionele mense gehanteer en betaal te word – Dan moet jy sekerlik so optree ook.

      • boendoe Julie 1, 2009 at 11:07 nm #

        Ek’s te moeg om te stry. :wink:
        Gaan lees wat Dr.. Ramphele se:

        http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2534712,00.html

    • Andrew Julie 1, 2009 at 11:01 vm #

      @ Boendoe
      Aha … so jy is in die mediese veld. Het so afgely van jou blog maar het nie daar komentaar gelewer nie, dit lyk te veel na ‘n “all girls club” en netnou byt julle my. :lol: Voorspoed met jou nuwe werk, ek soek self na iets wettigs om te doen.

      • boendoe Julie 1, 2009 at 11:04 nm #

        Genade, nee, Andrew. Ek PROBEER weer toetree tot die ‘mediese veld’. :lol: Jy’s welkom om te comment. ‘n Bietjie vere wat waai kan net pret veroorsaak. :mrgreen:

    • Girl van die Suburbs Julie 1, 2009 at 10:28 nm #

      Stem saam Boends

      Een van my vriende is ‘n trauma dokter by Chris Hani en hy vertel ons gereeld wat daar aan die gang is. Dit is hartseer. Baie hartseer.

      • demoerin Julie 2, 2009 at 7:12 vm #

        Maar gaan sy groter salaris die haglike toestande verbeter?

  3. Groot Voet Julie 1, 2009 at 9:08 vm #

    Dis krises is die regering (ANC) se skuld. Ek glo enige een sal gatvol raak vir jare se lee beloftes. Die mediese mense in ons land werk vrek hard en word nie na gekyk nie.

  4. Andrew Julie 1, 2009 at 9:25 vm #

    Die hele debakel kan vierkantig aan die deur van die politici geplaas word. Wanbestuur. Dit ten spyte, indien dokters hul patiente se lewens in gevaar stel deur te staak, hoort hulle nie in die mediese professie nie. Sny die vrot nou uit en laat hulle toe om dokter dokter met mekaar speel.

  5. demoerin Julie 2, 2009 at 7:06 vm #

    Ja, die situasie is hartseer en die hospitale word soos crap bestuur. Maar ‘n groter salaris aan die dokters gaan nie die slegte situasie verander nie. Dit is die verkeerde manier om dit te doen.

    Dit gaan oor lewens hier, ‘n opgeleide dokter met min middele, is nog steeds beter as geen dokter nie.

    Dit blyk dat dit wel net oor salarisse gaan.

  6. koeksister Julie 2, 2009 at 2:31 nm #

    Dit lyk my om jouself professioneel te gedra sal nie goed afgaan in ons land nie, die plakkate sal maar uitgeruk moet word en dans op straathoeke om ‘n punt tot die regering deur te kry, is hoe dit gedoen word. Sad, but true.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers