Ek weet nie of ek moet lag of huil dat ons al so ver in die jaar in is nie. Daar is nog so baie om te doen hierdie jaar. Michael Jackson is uiteindelik begrawe, en die sirkus het uiteindelik tot ‘n einde gekom… wel ten minste die grootste gedeelte daarvan in elk geval. Die hele hoe-ha rondom MJ se lewe, en toe nou sy dood, het my baie laat dink aan privaatheid die week. Vir celebs dink ek is dit ongelukkig om tussen die boom en die bas vasgekeer te wees…. jy moet in die kalklig bly om geld te verdien, en daardeur offer jy nou ongelukkig jou privaatheid op. Ek is bly ek sit nie met die probleem nie, en dat ek wel my eie persoonlike tydjies kan afknip sonder om deur paparazzi gejag te word. Daai lekker stil oomblikke van stock-vat, rustig sit en dink…. die gedeeltes van Zen-leëringe waarvan ek die meeste hou.
Ek verstaan egter mens moet nie te veel van dit doen nie, al blyk dit dat ons breine se raklewens oor die laaste dekades bietjie verleng is….. ek wil dfinitief nie in ‘n straitjacket in gesprek met myself opeindig nie. Dit sal seker eintliknogal interessant wees om jou eie redenasies in jou grysstof op papier as gesprek neer te lê…. maar miskien het hierdie gedagtes ook maar net iets met die volmaan te doen?
Dit is dikwels ook tydens hierdie dinksessies wat ek dinge oordink, my denke vrye teuels gee en goed vir myself probeer uitpluis. Dit help veral as die week dalk bietjie wild was. En dit dan tesame met die slegte nuus waarmee ons daagliks gebombardeer word dreig om ons oor die depressie afgrond te stoot. Maar stille denke en kontemplasie het dikwels vir my die een antwoord – alles kan OK wees – solank daardie een vlammetjie van hoop nog daar is.
Nou ja, moenie vir mamma snaaks aankyk as sy dalk vanaand met ‘n interessante uitrustingkie om die hoek kom nie. Maak daai litte los…. en dan wens ek elkeen hierdie naweek….. pret en plesier toe – Ja, in die vorm van die beste, sluwe, onderwater gutterseks!
Filed under: Neutedop 2009



DMI dankie vir die week se saam vat !! Lekker naweek vir jou !!
Lekker gelees soos altyd!!
Jip, die dae, weke, maande gaan als te vinnig verby. As ons ons oë uitvee dan is dit weer Desember…scary! En deur dit jaag ons maar na wind en kry boggerol uitgerig…survival op die ou einde.
Sjoe, ek kan my verkyk aan Meermin se prentjie!
DMI, ek vind dat ek nogals gereeld met myself gesels
Hulle sê die probleem kom nie in by met jouself gesels nie, dis die jouself anwoord!
Lekker naweek, mag al die regte spanne wen!
Lekker naweek vir almal!
Michael moet wraggies die Koning wees. Daar gaan glo ‘n “From the grave” konsert wees in London om hom te eer. Die Hubbel Space Telescope het hom ook afgeneem waar hy stap met Jesus in die nadood. Ek sal julle nie bemoei met die link nie. Julle weet dis nie waar nie ne^ … ne^?
Jy joke seker? Die mense is flippen mal, man!
Is Michael Jackson still alive?
http://www.ismichaeljacksonstillalive.com/