Dit is nogal snaaks om daaraan te dink dat daar net 160 dae in hierdie jaar oor is. Nog so baie om te doen, en die tyd lyk so min. Ek het ook op ‘n Bosparra post gesien hoeveel Afrikanse blogs daar is wat ek nog nie gelees het nie….. ek dink ek gaan die grootste gedeelte van vandag spandeer om bietjie te gaan loer.
Ek kan op die oomblik twee probleme identifiseer waaraan daar nog hierdie jaar gewerk moet word.
Nommer 1 is die feit dat ek net nie kan ophou dink nie. Ek is permanent besig om dinge te probeer uitpluis, oordenk en weer bedink. Nie noodwendig sleg nie, maar somtyds parkeer ek die motorjie by die huis – en ek kan glad nie die rit van die werk af onthou nie. DIT kan ‘n potensiële GROOT probleem wees. Hierdie week was ek weer aan die dink oor die doodstraf, en hoeveel van my gevoelens daaroor moontlik gevuur kan wees deur ‘n persoonlike ondervinding. Ek het wel tot ‘n halwe konklusie gekom dat my gevoelens oor die doodstraf baie langer as die vier jaar terug al gevorm was…. so tot nou toe het ek ook nog nie my siening verander nie.
Nommer 2 is gedeeltelik wel aangevuur deur omstandighede wat in September, vier jaar terug gebeur het. Ek het nog altyd ‘n probleem met commitment gehad, en nou sit ek nog met ‘n verskriklike vrees vir verlies ook. Nie nodig om te sê, hierdie gaan ‘n langer termyn plan wees. Wat wel interessant was, was die groot aantal posts in die blogosfeer juis oor verhoudings die week. Party bietjie tong-in-die kies en ander dan weer baie meer ernstig en oor gewigtige sake. Daar is ook die allerbelangrike bedsake bespreek, maar die mees aangrypendste vir my was die waarhede opgesluit in hierdie uitnodiging. Ek is nog steeds confused, maar nou ja – ons hou dit ‘n langtermyn projek.
Mag die volgende 160 dae van 2009 ‘n onvergeetlike Joyride wees. Dit is lekker koel buite – kry daardie kaggels aan die brand, gooi die kussings en komberse daarvoor, en mag jy hierdie naweek die mees romantiese sluwe onderwater, gutterseks ooit hê.
Onlangse ondersteuners: