
Sjoe, 31 Julie, dit voel of dit net die ander dag 30 Junie was. Die jaar is besig om sommer vinnig-vinnig einde se kant toe te staan, en dit is belangrik dat elke dag moet tel. Dink aan die feit dat elke dag ‘n herinnering in die toekoms gaan wees. Ongelukkig is die werklikheid dat nie alle herinneringe mooi gaan wees nie, party gaan lelik en hartseer ook wees (en ander gaan sommer net snaaks wees). Die truuk is om aan hierdie te kan terugdink as gebeure wat jou as mens help vorm het. ‘n Mes wat jou gekerf het in die strewe om die beste mens moontlik te wees.
Jy moet vrede maak met, en aanvaar, dat dood jou konstante metgesel is. Dit kan enige tyd, enige plek binne sekondes gebeur. En slegs as jy vrede hiermee gemaak het kan jy waarlik begin lewe, want as jy die grootste vrees, dood, oorkom het – kan enigiets maar oor jou pad kom.
Hier is dan ‘n geskenkie aan die mans om die naweek af te skop (tesame met my voorspelling vir nog ‘n bok oorwinning) en ietsie aan die dames (‘n betroubare bron sê hy dink aan plase en hoenderkos). Ek wil ook aan elkeen ‘n gedig opdra die week. Gaan kies sommer jou eie een, en gaan lees hierdie juweeltjie wat ek daar raakgelees het.
Sonder enige verdere tydmors dan – Skep die mood, of dit nou Kurt of die tromslae van jou hart is. Ons soek koerantopskrifte hierdie naweek, en jy kan selfs jou eie prys kies – Goue Horing of Platinum Doos. Alles “fake” natuurlik, maar gaan groot met die beste, sluwe, onderwater, gutterseks moontlik!
Heerlike naweek vir! Myne is so dag langer as normaal weg.
Ja, hierdie was n besige week vir my, die naweek gaan ook besig wees, ons gaan rugby toe en dis n hele gedoente vir ons. Daar word n bussie gereël en n moviese groep van ons gaan…dit gaan n laaaaaang dag wees.
Lekker naweek vir jou en almal Demoerin!
Ek weet wat jy bedoel…. kinderparty at 2 en later 30th, en dan nog rugby tussenin…..
Dankie tog jy lees so wyd, DMI! Nou’t ek ‘n paar plekke om te gaan besoek.
Lekker naweek…onthou, niks doen wat ek nie gaan doen nie, ne?
Dan kan ek mos enigiets doen?
naaaaaweeeeeeeeeeek!
Uitflippeneindelik!
Dis naweek … skiep die Sondag koerant se hoofberigte van geweld en aaptwak en vlek sommer die agter blaaie eerste oop. Daar is altyd ‘n verassingtjie.
Lekker naweek! Gou bietjie opvang met die blogbesoeke.
WoooHoooo…..
Lekker naweek aan ieder en elkeen van julle! Girlie het al klaar helemaal te veel bubbly in…
Girly, jy mag mos maar!