
Foto: Sunday Times
Hierdie is een ding wat my die naweek gelukkig gemaak het: The proof is in the pudding! Morne Steyn verdien om die Springbok losskakel te wees. PUNT! (En hy is ‘n Bul natuurlik!)

Peter de Villiers
Waaroor ek eintlik wil skryf. Hoekom is almal so vinnig om kritiek te lewer, gewoonlik alles op die hoofafrigter Peter de Villiers gerig? MAAR, as die Springbok span die Leeus-reeks en twee agtereenvolgende wedstryde teen die All Blacks wen, word daar gesê die pluimpies moet hom nie toekom nie?
Die draad hang baie laag van al die mense wat daarop sit. Maak tog net jou besluit aan watter kant van die draad jy wil wees…. Jy kan nie net die beste van albei kante wil hê nie.
Onlangse ondersteuners: