Archive | 7:05 vm

Toe saal ek ‘n wilde perd op….

5 Aug

Ek weet nou nog nie lekker wat my besiel het nie. Ek het gedink ek saal ‘n oulike skimmel perdjie met die naam Buttons op. Dit blyk toe eintlik ‘n blinkswart, half-wilde hings met die naam Hellraizer te wees.

Ek het besluit om uiteindelik my musiek op my rekenaar te laai, en playlists te maak. Ek dink ek het dit so bietjie onderskat hoeveel musiek ek regtig besit, en dat dit nie net ‘n een of twee dag projek gaan wees nie. Maar, ek is gelukkig nie die tipe persoon wat ‘n ding begin en dit nie klaar maak nie, ek leer wel uit my foute en dit mag dalk gebeur dat ek dit nie WEER doen nie.

Dit is egter ongelooflik om deur die CD’s te gaan, en te besef oor watter invloed musiek op mens se lewe kan hê. Daar is CD’s wat ek jare laas geluister het. Jy gooi hom in die speler, en dan kom ‘n lied op wat dadelik herinneringe na vore bring. Geluk, hartseer, vakansie, eerste liefde, die laaste liefde, mooi, dronkverdriet, roadtrips. Ek is hierdie laaste paar dae op ‘n wille weste rollercoaster ride op die rug van Hellraizer, op die maat van Tiffany se I Think We’re Alone Now…. (Eerste Liefde)

Tiffany

Tiffany

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers