Daar is nie beter antibiotika vir die siel as die bos, en ‘n rivier met lopende water nie. Spandeer bietjie tyd langs lopende water en reflekteer oor jou lewe. Dink aan alles wat jou lewe beïnvloed, aan alles wat klaar ‘n merk gelos het, en aan jou drome. Stilte, sonder afleiding, bied geleendheid om jou lewe, jou menswees, in perspektief te beskou onder ‘n vergrootglas. Jy besef weereens dat jy nie in ‘n lugblasie lewe nie, en dat niemand beloftes gemaak het dat alles maklik gaan wees nie.
Jy is nie die enigste klip in daardie rivier nie, en die water gaan aanhou om jou te vorm. Daardie water kan die vorm van geluk, hartseer, pyn of vreugde aanneem. Dit is die lewe, in beter perspektief.

Jy mag dalk selfs iewers op jou pad die “Bermuda Triangle” raakloop. (Daar is geen oorblyfsels van enigiets wat verdwyn het nie.) Dit voel soms die of lewe jou wil insluk en halfgekou iewers wil uitspoeg. Dit is in hierdie tye wat jy alleentyd moet inruim, en alles net weer bietjie uit ‘n ander hoek in oënskou moet neem.
Moenie kla oor die dinge wat jy nie het nie, verheug jou liewer in die voorregte wat jou beskore is….. daar IS ALTYD iemand met minder.
Onlangse ondersteuners: