Ek wonder waar de hel die volgende sy oorsprong het. Dit is nou al letterlik so in mense inge-superglue dat die kultuurstatus bereik het. Onthou julle die speletjie “follow-the-leader”? Miskien was dit die begin, en nou sit ons met miljoene mense wat nie verantwoordelikheid kan vat vir dade nie…….
“Maar almal doen dit”

Daar is mag in getalle…
Skape DMI, skape. Nie pikkewyne nie
Vreeslik lekker dag vir jou alhoewel nog net die middag oor is
!
Dis ‘n oorlewingsmeganisme (instink?) wat kom uit die tyd van die grotman. Soos Boendoe sê: Mag in getalle. Maar dis presies die ding wat goed soos die Holocaust veroorsaak. As ek my kinders een ding kan leer, sal dit wees om te dink voor jy die ou voor jou volg. Al maak dit hulle ongewild of brandmerk dit hulle as rebelle.
Dit maak my boos…. amper so erg soos Malema en Tannie Winnie… amper
Ek dink as mense eers begin met…Maar almal doen dit…. het hulle nie werklik ‘n noemenswaardige rede of verduideliking nie.
Ek dink jy is reg, dit het die maklike uitweg geword vir elke daad waarvoor jy nie verantwoordelikheid wil aanvaar nie. Dit is soos ‘n siekte wat aan die bevolking vreet.