Klein dingetjies my vriende, klein dingetjies. Dit is al wat dit vat om my gelukkig te maak. En tog ontspoor die trein partykeer en kan ek so maklik saamgesleur word in die klastroom. En as jy eers in die klastroom is word jou geluk verskans.
Sit rustig terug en dink aan al die wonderlike boustene wat JOU lewe opmaak. Die seëninge wat daagliks ons lewe verryk. Ek het definitief meer as vele ander oor die wêreld. As jy dit wat jou beskore is vir jouself opnoem, lyk dit wat jy nie het nie klein en nietig. Dan voel ek soms ek moet my naam ook op die Poephol Ererol plaas.
Moenie bekommer oor die 10 dinge wat jy nie het nie, voor jy jouself nie verheug het in die 100 dinge wat jou wel beskore is nie. Met ‘n goeie gemoed kan jy dan die drome waarna jy nog streef een vir een aanpak.
Onlangse ondersteuners: