…want dis mos waar ‘n virgin
nog ‘n airline of ‘n koeldrank is…
Nou wonder ek net:
-
Bly daar net Afrikaanse puriste, wat altyd van ‘n maagd praat? OF
-
Is almal so rein en/of naïef dat die woord nooit gebruik word nie? OF
-
Is almal so wild dat daar geen virgins is nie? OF
-
Is ek stupid om hieroor te wonder?


1461 dae is 4 jaar. Dit is hoe lank dit nou al is van die dag wat my hele lewe, en lewensuitkyk, onherroepelik verander het. Vier jaar klink soos ‘n lang tyd, maar dit is eintlik baie kort vir sover dit die mens aangaan. Eintlik was dit net gister gewees. As ek deur foto’s kyk wat ek die afgelope vier jaar geneem het, kry ek nog ‘n oomblikke van ongelooflike hartseer met die besef dat jy nie daar was om die oomblik met my te deel nie.
Onlangse ondersteuners: