
Dit is die eerste Vrydag van lente. (So tyd om die chevvy uit te trek, die sonskyn te geniet en die braai aan die brand te kry – en as jy wonder wat om saam met die braaivleis te eet, gaan loer na die reseppie). Die weer in Jozi is ongelooflik lekker, en dit doen wondere vir my gemoed. Ons is altyd vuur-en-vlam om die huis in lente ‘n spring-clean te gee…. maar vergeet soms dat jy dieselfde vir jouself moet doen. Gebruik lente as die ideale geleendheid om al daar die vrae en kwellinge wat in jou kop oorlog hou uit te sorteer, en finaal te ruste te lê.
Cogito ergo sum – I think, therefore I am. Daar was nog nooit iets fout met dink nie, solank jy net nie jouself mal maak nie. Johan Swarts is druk besig om bietjie inligting in te samel vir sy tesis, en gaan lê gerus jou eiertjie daar waar hy die inligting bymekaarskraap, en wat ander daaroor te sê het. Moenie opkrop nie, dit is net ‘n resep vir ‘n helse vulkaniese uitbarsting! Die mens is nie net ‘n ongelooflike komplekse wese nie, maar besit ook ‘n allerwonderlikste geskiedenis van oorlewing en voortbestaan. En dan net dalk eendag sal jy kan sê, Ek is, sonder om daaroor te hoef te wonder. Net wees.
Want ja, dit voel partykeer of jy in 1001 rigtings getrek word, en oral aandag moet gee, en mooi en beleefd wees en altyd dink aan ander se gevoelens. Dit is tyd om aan JOUSELF ook te begin dink. Ons is definitief nie almal dieselfde nie, en dit is wat ons uniek en die wêreld so interessant maak.
Goed, as al die muisneste en spinnerakke weggestof is, gaan ek julle iets nuut gee om oor te wonder. En dan gaan ons so bietjie litte losmaak, want ons weet mos maar waaroor dit alles gaan
……. en dan kan ons die beste sluwe, onderwater gutterseks hê om die bokke se oorwinning more te vier!
Onlangse ondersteuners: