Archive | 7:38 vm

Winston vs. Telkom Breëband….

7 Sep

pr2009_media_invite_landing‘n Elf-maande oue duif gaan probeer om stof in Telkom se oë te skop deur ‘n vinniger oordra van 4GB se data te doen. The Unlimited Group moet dikwels groot dataleêrs tussen hulle kantore oordra, en ‘n onlangse toets het gewys dat dit tot 2 dae, 2 ure, 6 minute en 22 sekondes kan vat om die 4GB data oor te dra. (Blykbaar nie altyd net die spoed van oordrag wat so stadig is nie, maar ook die onbetroubaarheid van die lyne)

Winston gaan dus met die datakaart aan sy been vasgemaak die 80 kilometer vanaf ‘n inbelsentrum in Howick, tot by die hoofkantoor in Hillcrest aanpak…. dit gaan hom moontlik net sowat 45 minute neem… :lol:

Is dit net Telkom se lyne wat so stadig is…. of is daar dinge wat letterlik beter is om op die ou…. ok, BAIE ou manier te doen.

Ek glo ook natuurlik Winston het sy eie hekkies om te oorkom. Katte, honde, kinders met ketties, stormsterk winde…….

Gaan loer bietjie in by die webwerf vir meer inligting en interessanthede oor die groot wedloop.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers