Archive | 6:55 vm

WEW….34/52

16 Sep

Ek sal erken, ek was nie net verbaas nie, maar heeltemal uit die veld geslaan dat President Zuma voortgegaan het met die daarstel van die inbelsentrum by die Presidensie.

Dit blyk dat daar tussen Maandag en Dinsdag tussen 1,000 en 1,500 oproepe per uur na die nommer, 17737, gemaak is. Daar is definitief dus hordes mense wat sukkel met dienslewering. Ongelukkig blyk dit dat die handjievol mense wat die oproepe hanteer glad nie genoeg is nie. Uit hierdie duisende oproepe is slegs sowat 500 Dinsdag beantwoord, wat wel sekerlik nog beter as niks is nie, en ‘n goeie hoeksteen vorm vir die daarstel van meer operateurs – as daar natuurlik iets gedoen gaan word.

Nou hierdie is waaroor ek wonder -

Die mense wat inbel kla meestal oor swak dienslewering wat ontvang word by die staatsdepartemente, en nou lees ek hierdie stukkie nuus op nuus24:

“…afhangend van die klagte herlei dit na regeringsdepartemente en provinsiale regerings regoor die land.”

Hoekom word die klagtes weer deurgestuur na die mense oor wie daar in die eerste plek gekla word?

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers