1461 dae is 4 jaar. Dit is hoe lank dit nou al is van die dag wat my hele lewe, en lewensuitkyk, onherroepelik verander het. Vier jaar klink soos ‘n lang tyd, maar dit is eintlik baie kort vir sover dit die mens aangaan. Eintlik was dit net gister gewees. As ek deur foto’s kyk wat ek die afgelope vier jaar geneem het, kry ek nog ‘n oomblikke van ongelooflike hartseer met die besef dat jy nie daar was om die oomblik met my te deel nie.
Mens beweeg aan. Weet net een ding verseker:
Die noodlot het jou uit my toekoms weggeneem, maar jy sal altyd ‘n baie belangrike deel van my verlede wees.
Onlangse ondersteuners: