1461 dae is 4 jaar. Dit is hoe lank dit nou al is van die dag wat my hele lewe, en lewensuitkyk, onherroepelik verander het. Vier jaar klink soos ‘n lang tyd, maar dit is eintlik baie kort vir sover dit die mens aangaan. Eintlik was dit net gister gewees. As ek deur foto’s kyk wat ek die afgelope vier jaar geneem het, kry ek nog ‘n oomblikke van ongelooflike hartseer met die besef dat jy nie daar was om die oomblik met my te deel nie.
Mens beweeg aan. Weet net een ding verseker:
Die noodlot het jou uit my toekoms weggeneem, maar jy sal altyd ‘n baie belangrike deel van my verlede wees.
Vier jaar gaan in ‘n oogwink verby…
(((DMI)))
Mens kan altyd aan die onthou vashou….al is dit nie genoeg nie…
Dink aan jou oukie!
x x x
(((dmi)))
Tyd is relatief, DMI. Die wat in ons harte ingebrand is, dra ons vir ewig met ons saam. Sterkte.
(((DMI)))
As mens die dae tel voel dit baie, maar as mens dit probeer ‘voel’ is dit so anders.
(((DMI))
Ek verstaan jou pyn, ek leef dit elke dag.
When you can start to smile a little
instead of cry a little
everytime you sigh a little at something you know they would’ve liked or loved to see or experience, that’s when you’re starting to heal.
When you can share that feeling freely with someone else and acknowledge an existence that made part of you, who you are, that’s when you’re heart’s in for repair.
When you can let go of clutching the past so tightly to your chest that it has left your arms too full to embrace the present – that’s when your future promises restoration.
Keep on keeping on x
WoW Beeps… Jy beskryf dit so raak…