…want dis mos waar ‘n virgin
nog ‘n airline of ‘n koeldrank is…
Nou wonder ek net:
-
Bly daar net Afrikaanse puriste, wat altyd van ‘n maagd praat? OF
-
Is almal so rein en/of naïef dat die woord nooit gebruik word nie? OF
-
Is almal so wild dat daar geen virgins is nie? OF
-
Is ek stupid om hieroor te wonder?
Diep dinge waaroor jy so op ‘n Woensdag wonder, DMI
– die duitse woord vir maagd is Magd – en hulle gebruik hom beslis nog netso allie jare. Hoekom dus nie in Afrikaans nie? Of is ek dalk ‘n puris?
Ek weetie of dit noodwendig ‘puristies’ is om van ‘maagd’ te praat nie
Maar ek verstaan nie die reël in die song nie.
Hoekom??
Kom die woorde uit ‘n song?
As dit so is, dan is dit seker iemand wat baie disillusioned is met hoe die groot handelsmerke die wereld oorgevat het. ‘n Maagd is nie meer ‘n maagd nie, dis ‘n koeldrank of ‘n airline. Shame, en wat as dit iemand is wat REGTIG hard-up (so to speak) vir ‘n virgin is? ‘n Vleis en bloed ene?
Nee, jinne, nou wonder ek ook…
Hi Vlam, natuurlik – Dit kom uit Girl van die Klein Karoo uit.
Nee genade! So vroeg in die more met sulke vrae. Nog nie eers my koffie geroer nie. Sal later terug kom as ek onthou.
dmi NEE jy is nie stupid om te wonder hieroor nie, in die BYBEL word daar gepraat van maagde, en ook dat jou liggaam ‘n tempel van GOD is, mens moet rein leef, jou maagdelikheid behou tot jou huweliksnag, MAAR dinge het so verander al hoe meer meisies verloor hulle maagdelikheid op ‘n bitter jong ouderdom, wat bly oor vir haar huweliksmaat eendag? Skool dogtertjies in die Laerskool praat al van hoe hulle saam met hulle veel ouer seuns vriende al geslaap het. IN MY OGE IS DIT VERKEERD, of is ek nou outyds??
Nee Meermin jy is nie verkeerd nie. As ek tyd kon terugdraai sou ek gewag het. Maak nie saak wie wat se nie…
Wie sing die song oukie?
Praat onder korreksie – Dink Jacques de Coning?
Girlie ek kan nie op jou blog in nie ..
Hey meermin
Oukie het dit onder my aandag gebring ja… Ek het navraag gedoen en my datapakket is op as gevolg van al die page views en ander aktiwiteite wat ek gehad het… Ek sal moontlik moet upgrade… Dit behoort more weer uitgesort te wees.
dmi dan is ek stupid saam met jou om hieroor te wonder
ek is saam met girlie — as ek kon oorbesluit sou ek ook wag
Hoekom is ‘n vrou se maagdelikheid ‘n issue en nie ‘n man s’n nie?
Never mind, carry on.
Hulle seg mos ten minste een van dei twee moet weet wat hulle doen….
Ek wonder nog steeds oor die reël uit die song. Julle is ook fokkol hulp hierdie week
Speel tog net die song vir my want ek ken dit nie….
DAN… kan ons ‘n debat aan mekaar slaan!