Archive | 6:53 vm

Die Week in ‘n Neutedop….

2 Oct

IMGP0838-1Ek is nie lus nie. Te veel laat aande hierdie week is besig om sy tol te eis. En daar is nog nie einde in sig nie. Ek het geen idee wat my besiel het nie, maar moet erken dat elkeen van die aanduitstappies lekker was (dit natuurlik gehoop op 10 tot 11 uur dae op kantoor), ek sal maar Saterdag rus……. ek dink.

Ek het myself net weer gisteraand verwonder aan hoe klein die wêreld regtig kan wees. Dit is eintlik lagwekkend wie jy aan ‘n tafel vir vier kan raakloop!

Ek wonder gereeld hierdie week of ek eendag tog nou maar gaan grootword. Wanneer gebeur dit? Hoe gebeur dit? Kom dit met die huwelik? Kom dit met kinders? Of het elkeen van ons nog, ongeag ouderdom ‘n bietjie kind in ons, partykeer net goed versteek agter verantwoordelikheid.

My bucket list word al langer, en ek dink ek moet ‘n daadwerklike stap neem en ten minste een item per maand te begin afmerk. Dit is nie dat ek nie die dinge op die lys doen, of poog om te doen nie… ek ruim net nie genoeg tyd daarvoor in nie. Ek dink Oktober 2010 behoort aan die tattoo.

So sonder dan enige verwysings na wat ek hierdie week gelees en kwytgeraak, en wie my laat wonder het gaan ek een en elk nou ‘n ongelooflike naweek gevul met die beste sluwe, onderwater gutterseks toewens.

(Ek gaan vandag stilletjies agter my lessenaar deurbring en met oop oë slaap…. en in die web branderry opsoek na tattoo ontwerpe!)

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers