
Star Wars @ Lego.com
Kyk, dis nou geen geheim nie. Ek is net-net aan die regte kant van 35 – dis nou in jare. Maar in gees is ek definitief nog iewers tussen 1 dag en 10 jaar oud. Ek het Vrydag so bietjie hieraan geraak….. ek weet nie wanneer ek gaan grootword nie. Vir hoe lank bly die gees nog jonk? Vir hoe lank is dit aanvaarbaar in die gemeenskap om ‘n kind in ‘n volwasse lyf te wees?
Ek is enige persoon se nagmerrie in ‘n speelgoedwinkel. Ek kan letterlik vir ure op en af in die gange stap en al die nuwe speelgoed bewonder (Ek dink na die 2de of 3de keer het my vriende in Londen aspris die Regent Straat area met die ikoniese Hamley’s vermy). Ek het die afwagting van ‘n 6 jaar oue vir die nuwe animasie flieks. Gooi dan nog daarby enige super-hero fliek vanaf X-men regdeur tot by Batman, en enigiets van Lord of the Rings tot Star Wars, en ek is jou beste maatjie.
Ek dink dit is dalk een van die grootste redes hoekom ek nog nooit daaraan gedink het om kinders te wil hê nie…. ek en die kinders saam sal enige vrou/ma se grootste nagmerrie wees.
Die enigste verskil wat ouderdom aan my gebring het is verantwoordelikheid. Werk, geld, verhoudings. En alhoewel ek glo dat ek dit nie te sleg hanteer nie, sou ek liewer op die lekker wou konsentreer. Ouderdom bring dan gelukkig ook voordele soos alkohol verbruik, sonder dat daar enige wenkbroue gelig gaan word.
Ek kan besluit of ek ‘n drankie wil drink, ‘n sigaret wil rook (of selfs ‘n zol), of ek ‘n stukkie space-cake wil nuttig….. maar somtyds dink ek net daaraan as ‘n stappie om Wii net nog meer pret te maak.
Onlangse ondersteuners: