Archive | 7:35 vm

Musiek… Lynyrd Skynyrd

6 Oct
lynyrdskynyrd.com

lynyrdskynyrd.com

Drie dekades later is een van die ikoniese rockgroepe nog met ons. Hulle het ‘n nuwe album uit en is besig om ‘n toer deur Amerika te doen.In die drie dekades wat die groep bestaan was daar slegs ‘n 10 jaar breuk nadat die huurvlug net voordat hulle hulle sou land, uit brandstof uitgehardloop het en neergestort het in ‘n woud buite Gillsburg, Mississippi. Drie van die groeplede, die assistent toer-bestuurder, die loods en sy assistent is op impak dood. Die ander lede het ernstige beserings opgedoen.

Lynyrd Skynyrd is in 1964 deur ‘n groep tiener-vriende gevorm, en is in 1972 deur die liedjieskrywer en producer, Al Kooper van Blood, Sweat and Tears ontdek. Van hier af het die groep ongekende sukses behaal met ‘n hele aantal platunum en dubbel-platinum albums op hulle kerfstok, ten spyte van die dekade breuk tussen 1977 en 1988. Alhoewel die meeste van die oorspronklike lede al oorlede is, het elke nuwe lid slegs voorgebou op die groep se kenmerkende klank, meestal dromme en ‘n hele aantal kitare!

Die groep het amptelik in 2006 hulle plekkie in die Rock and Roll Hall of Fame gekry, en was in 2004 genomineer deur Rolling Stone as een van die 100 beste artists van alle tye.

Daar was ‘n hele string groot treffers gedurende die laaste 30 jaar, waarvan Simple Man altyd my gusteling gaan wees. Een van hulle oorspronklike treffers Free Bird, gaan egter altyd die grootste Skynyrd song bly. Daar is ‘n toutrekkery tussen Free Bird, en Led Zeppelin se Stairway to Heaven, as die mees aangevraagde lied van alle tye oor die radio. As jy dromme en nie net een nie, maar sommer ‘n paar kitaar-solo’s in die resep ingooi kan jy sommer sien hoekom Free Bird die nommer 3 posisie op Guitar World se 100 Greatest Guitar Solos ingeneem het……

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers