Archive | 7:25 vm

Die Week in ‘n Neutedop….

9 Oct

IMGP0838-1Wat ‘n week. Ek kan dit eintlik beter in BAIE sterker woorde beskryf, maar ek probeer regtig minder vloek en het hierdie week my kwota vir die res van die jaar opgebruik.

Ek het hierdie week reg oor die blogwêreld getoer en inkopies gedoen. Baie goeie pryse beding en kan die volgende bied teen baie mededingende pryse (na my mark-up natuurlik). Ek aanvaar verkieslik harde kontant, maar het ook fasaliteite vir plastiek-geld – Daar moet jy net ‘n ekstra 100% by die prys bytel om die bankkoste en koordlose kaartmasjien se koste te kan dek.

  1. X-treme uitstappie (Jy betaal egter jou eie verblyf en vlugkoste)
  2. Vat-aan-die-boud-ondervinding (Geen waarborg op die item)
  3. Reünie idees (OK, een idee)
  4. ‘n Dosie Crushes (crushes, nie crashes…. maar teen ‘n fooi…)
  5. Siener Besoek (Die wysaard is ongelukkig nie BAIE praatsaam nie)
  6. Socialising With Truckdrivers 101 (Of iemand uit die verre Oosrand)
  7. Uit die Doos Ervaring (Soos in ‘n kartonboks)
  8. Uplifting Experience (Spesiaal vir die Dames)
  9. Verkeerverslag (As jy in Bloem bly)
  10. Oefen Kakpraat (Handige oefenlopie vir die braaivuur/pub)
  11. Rus en Vrede Pakkie (Vir as dinge te woes gaan)
  12. Rystaan Ondervinding (As jy bietjie die moermeter wil opjaag)
  13. Vertel-’n-Maatjie-Pakket (Vir al daardie mense wie jy waardeer)
  14. Steen (Vir as jy dalk te ver gaan op 1. en 11.)
  15. Waarskuwing (Want ek het nie ‘n Geld-Terug waarborg nie)

En dan saam met elkeen van hierdie kry jy verniet – mahala – vir niks – HUISWERK! Ek dink dit is ‘n goeie idee om nie net self meer van jou omgewing uit te vind nie – maar ander daarvan te vertel!

En as julle nou al julle geld hier spandeer het – Gaan huis toe en spandeer jou energie op die beste, sluwe, onderwater gutterseks – En as jy te ver gaan, laat weet net jou partner waar om my in die hande te kry – Ek sal ‘n nommer 14. oorstuur – Hulle sal slegs die afleweringskoste moet dek!

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers