Archive | 7:11 vm

Ek is…. nie ‘n klip nie

12 Oct

Gisteraand lê ek en dink – (Ja ek doen te veel van dit…..)

Ek is ek.

Ek is edel, ewig eg.

Ek is waarheid, ‘n vesting van integriteit.

Ek is my geskiedenis, tog onseker oor my toekoms.

Ek is gemasker, die spore van pyn en hartseer verskans.

Ek is trots, bou my lewe op gekose waardes.

Ek is warm, al skuil ek soms agter koud.

Ek is lojaal, ewig getrou.

Ek is ek.

DSCN0259

Fokkit…. ek klink soos die wandelende Voortrekker Monument

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 48 other followers