Johannesburg, Egoli, Jo’burg, Jozi – Maak nie saak met watter naam jy die stad wil vereer nie – Hy bly uniek, met ‘n baie ryk geskiedenis vir ‘n stad wat net 123 jaar oud is.

Jozi Sonsopkoms
In 1886 is goud op die destydse Witwatersrand ontdek. Dit was slegs ‘n paar jaar nadat sekere van die Voortrekkers hulle in die omgewing (veral Pretoria) kom vestig het, en ‘n onafhanklike Transvaalse Republiek gestig het. Die Britse bestuur aan die Kaapkolonie was eers gelukkig met die boere wat meer as 1,000 kilometer van Kaapstad af was. Die ontdekking van die baie ryk goudbelt het natuurlik hulle vinnig van plan vernander. Die Britse Kroon moes “incash” op hulle investering aan die suidpunt van Afrika.
Die tou-trekkery oor Johannesburg het vinnig op die Anglo-Boereoorlog uitgeloop, met die Britte wat Transvaal wou hê, en die Transvalers wat met alle mag aan hulle pot goud wou vasklou.
Die klein mynersdorpie het sommer vinnig in ‘n stad van groot proporsies ontaard, en het in die daaropvolgende 100 jaar net bly groei in en om een van die grootste goudfondse wat tot dusver in die wêreld gevind is. Heelwat van die geskiedkundige besienswaardighede soos by Gold Reef City en die Ferreiras Myn (‘n Geheim waarvan BAIE min weet onder die Standard Bank Hoofkantoor in Simmonds Straat) is rondom goud gesentreer. Johannesburg het sommer vinnig die sentrale punt vir mynbou en die bemarking van die goud en diamante uit nabygeleë Cullinan en Kimberley geword. Rondom die mynbou het ander industrie en bankwese ook ontwikkel, wat van Johannesburg die huidige ekonomies reus in Sub-Sahara Afrika maak. Tussen 10 en 15% van die Sub-Sahara Afrika GDP word in die Groter Johannesburg metropool gegenereer deur die ongeveer 10 miljoen inwoners. Jozi tel onder een van die 40 grootste metropole in die wêreld.

Na Die Storm - Jozi, Die Mensgemaakte Woud
Johannesburg lê so 1750m bo seespieël wat die area ‘n baie gematigde, maar tog droë somer klimaat verleen. Jozi kry nie regtig reën wat vir dae aanhou nie, ons is geseën met iets heeltemal anders, ongelooflike donderstorms – Die Hoëveldse Atmosferiese Simfonie! Al is daar nie ‘n oorvloed water nie, is daar omtrent 10 miljoen bome in-en om die stad. (Wat aan Jozi die titel van die grootste mensgemaakte woud in die wêreld verleen). Daar is heelwat beskermde groen areas, met 2 Botaniese tuine – Een in Emmarentia, en een in Roodepoort, en dan natuurlik die baie mooi opgeknapte Johannesburg Dieretuin. Daar is ook groot areas net buite die metropool grense waar jy Maropeng (Cradle of Humankind), Sterkfontein Grotte, Wonder Grotte, Die Krugersdorp Wildtuin en die Rhino and Lion Park gaan raakloop. Dit alles in minder as ‘n halfuur se ry uit die middestad.
In die middestad troon die Carlton Sentrum bo die ander geboue uit. Teen 222m, die hoogste gebou in Afrika. Sover dit strukture aangaan is beide die Hillbrow Toring (270m) en die Brixton Toring (234m) in die stad hoër (Die torings is baie goeie landmerke om te bereken waar jy jouself in die metropool in vergelyking met die middestad bevind.

My Wêreld - Op 'n Laat Oktober Middag
Die Apartheidmuseum maak ook deel uit van die Gold Reef City kompleks, en Vilakazi Straat in Soweto is die enigste straat in die wêreld waar 2 Nobelpryswenners grootgeword het, Nelson Mandela en Aardsbiskop Desmund Tutu. (Terwyl jy in Soweto is kan jy sommer gaan bungee by die nuwe avontuur sentrum, waar 2 ou verkoelingstorings omskep is sodat jy ‘n bungee-swaai of gewone bungee kan doen. Die gewone bungee is die enigste in die wêreld waar dit aan die binnekant van ‘n struktuur is.)
Daar is natuurlik heelwat ander museums, ongelooflike restaurante en ‘n hele aantal teaters en die planetarium in en om Jozi om jou dae en aande op te kikker. Vir inkopies gaan jy nie soveel wêreldklas inkopiesentrums in so ‘n klein area kry nie. Daar is natuurlik ook 5 casinos in die metropool omgewing – waarvan Montecasino sekerlik die mooiste in Suid-Afrika moet wees. Jy kan op toere van elke denkbare kleur en geur gaan, van Soweto tot die SAB World of Beer (Die een is BAIE cool) al die pad tot die Mystery Ghost Bus Toere en ‘n planetarium besoek inpas. En net om die uitstappie op ‘n nog hoër noot af te sluit, kan ‘n Lippizzaner optrede gaan kyk (Die enigste plek in die wêreld, buite Wene, waar die opleiding van die Spanish Riding School erken word)

Die Liggies in die Aand
In ‘n neutedop: My hart se punte word dalk getrek na die ander uithoeke van hierdie pragtig land… maar daar is net een Jozi. As die unieke ritme van Jozi eers deur jou polsslag klop…. is jy verslaaf.
Daar’s hy Sammi, huiswerk gedoen!
Bronne: joburg.org.za & joburgtourism.com
Onlangse ondersteuners: