Archive | 7:11 vm

Lewensreëls….

14 Oct

Pikkie het skaars haar eerste asem in die blogosfeer geblaas na haar baie, baie, baie LAAAANNNNNGGGGG blog-vakansie, of sy deel sommer al huiswerk uit. (Dit klink dalk soms of ek oor die huiswerk kla, maar dit gee jou eintlik rigting op die dae wat jy breindood voel)

Echo Corner - Augrabies Park

Echo Corner - Augrabies Park

Eintlik hoef ek nie te veel hieroor te dink nie, dit is hoekom ek soos ‘n gat-kruip leerling my huiswerk sommer vinnig-vinnig doen.

  1. Leef elke dag ten volle. Moenie bekommer oor foute nie, solank jy net nie dieselfde fout 2 keer maak nie.
  2. As jou lewe op jou sterfdag voor jou oë verbyflits, moet dit die moeite werd wees om na te kyk. Oscar Materiaal!! JY is verantwoordelik vir jou eie geluk.
  3. Moenie jou bekommer oor dit wat jy nie het nie. Verheug jou liewer in die voorregte wat jou beskore is. Ons word soms verblind deur dit wat ons nog wil hê, en dan geniet ons nie wat ons reeds het nie.
  4. Probeer ten minste om elke persoon wat jy teëkom met verdraagsaamheid en respek te hanteer. As dit uitdraai dat die persoon ‘n poephol is…. vergeet van hulle, jy het probeer en hulle verdien dit dus nie.
  5. Maak stiltetyd om jouself te leer ken, sodat jy tevrede kan wees met wie, wat en waar jy NOU is. Dan eers begin jy werk aan drome en ideale.
  6. Die verwerking van pyn en hartseer beteken nie jy moet/kan daarvan vergeet nie. Daardie pyn en hartseer, is saam met die gelukkige tye, bytels uit die geskiedenis, wat jou gevorm het tot wie jy nou is. Ons word nie net deur die goeie gevorm nie.
  7. Jy moet nooit die waarde van egte vriende onderskat nie. Streef daarna om ook ‘n ware en lojale vriend vir ander te wees.
  8. Elke keer as jy oor iets wil kla. Haal diep asem, en dink aan die miljoene in die wêreld wat slegter daaraan toe as jy is.
  9. Geen persoon is ‘n klip nie. Jy speel NOOIT met iemand anders se gevoelens nie. (Dit sluit woorde en dade in)
  10. Moenie van jou hart ‘n moordkuil maak en te veel oor dinge tob wat jou pla nie. Kry dit eerder uit, anders gaan jy net jouself mal maak.

 

N.S –  Na baie lang gewag het blixempie nou uiteindelik die vraag-vloer oopgemaak!

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers