Die Week in ‘n Neutedop….

23 Okt

IMGP0838-1Vir bietjie afwisseling (en pret) verskyn hierdie week se Neutedop as ‘n olierige, ja dalk vuil – sonder enige werklike inhoud, koerant. Dink “Die Son” of dalk selfs iets van, hoe sal ons nou sê….. minder morele waardes.

Hoe sou julle inskrywing-opskrifte hierdie week vir een van hierdie, uhm, minder vooraanstaande publikasies gelyk het:

  1. Verf Hom Blou
  2. Reinig Die Kop
  3. Brood In Die Oond
  4. Pastorie-Tannie Uitgevang: Onderstebo
  5. Hys Die Vlag(stok)
  6. Ontketting Die Dier
  7. Indruk Is Soms Belangrik
  8. Dis Alles In Die Urine!
  9. Die Eiers Is Ook Belangrik
  10. Gryp Die Verestoffer
  11. Bloedrooi – Volryp
  12. Oop: En Verniet
  13. Autosuier
  14. Gryppe Mossel
  15. Pasop Vir Uitbrand

Die Neutedop aanvaar geen verantwoodelikheid vir wandelende en/of vuil gedagtegange nie……

Die Neutedop sal wel verantwoordelikheid neem as die lesers hierdie naweek hulleself met oorgawe kan indompel in die beste, sluwe, onderwater gutterseks!

30 Responses to “Die Week in ‘n Neutedop….”

  1. meermin Oktober 23, 2009 at 6:43 vm #

    O aarde … lekker naweek vir jou.

  2. Sonkind Oktober 23, 2009 at 7:52 vm #

    O bliksem, jy sal maak dat Son ‘Die Son’ begin lees! 😆

  3. Rustig Oktober 23, 2009 at 8:52 vm #

    Goeie more uit Ierland! Vandag Vrydag diebegin van ‘n Langnaweek!!!!!!! Geniet jy joune en gedra jou soos altyd. 🙄

    PS Link na brood is verkeerd. /focaccia en nie foccaccia.

    • demoerin Oktober 23, 2009 at 9:13 vm #

      Julle het ook meer bankholidays as enigiets anders :mrgreen:

      😳 Dankie, link reggemaak.

      • Rustig Oktober 23, 2009 at 9:35 vm #

        Die laaste een voor Kersfees! Nog so 9 weke dan gaan ek met 5 weke vakansie.

        • demoerin Oktober 23, 2009 at 11:03 vm #

          5 VOLLE weke? Dit klink hemels!!

        • Emil Oktober 23, 2009 at 2:15 nm #

          Sien ek jou?

          • Rustig Oktober 23, 2009 at 5:29 nm #

            Proffessor – Jy sal my sien. In die speelpark of in die begrafplaas. 😉 Ek sal jou ‘n boodskap stuur net voor ek vertrek.

  4. kaalvoetinireen Oktober 23, 2009 at 10:19 vm #

    🙂

  5. Vlam Oktober 23, 2009 at 10:33 vm #

    Og, dis alles so reg in my kraal. :mrgreen:

  6. Pikkie Oktober 23, 2009 at 12:43 nm #

    Lekker naweek…. het iemand iets gepraat van 5 weke vakansie… *sug* *sug* *sug*

  7. Emil Oktober 23, 2009 at 2:15 nm #

    Lekker naweek, almal.

    • demoerin Oktober 23, 2009 at 2:18 nm #

      Wat doen mens op Saterdag as daar nie rugby is nie?

      • Rustig Oktober 23, 2009 at 5:30 nm #

        Ek kan dink aan baie dinge, maar twyfel of die bure en kerk sal goed keur.

  8. Wipneus! Oktober 23, 2009 at 2:42 nm #

    Dankie jy maak dit baie maklik vir my om gou al die blogs op te vang. 😉

  9. Johan Swarts Oktober 23, 2009 at 2:49 nm #

    heehee…oop en verniet is natuurlik GLAD NIE smerig nie 😉

    • demoerin Oktober 23, 2009 at 4:06 nm #

      Soos alles in die lewe is dit seker ook maar persoonlike opinie… hehehehehe

  10. boervrou Oktober 23, 2009 at 4:03 nm #

    Vloekwoordjie, het die ding gedoen het die dame gevra om net ‘n ietsie te kom sê, dat jy weet syt dit darem ontvang.

  11. Girl van die Suburbs Oktober 23, 2009 at 4:12 nm #

    Faaaaaarkkkk…. Dag Kry tog einde!

    Hope en hope alkohol aan ‘n ieder en elk!
    Lekker naweek almal!

    x ❤ x

    • demoerin Oktober 23, 2009 at 4:16 nm #

      Ek moet seg ek het vandag nogal bietjie leeggelê…. ek het dit verdien…. of so maak ek myself wys 😆

  12. Sammi Oktober 23, 2009 at 4:14 nm #

    Werk julle nie? Hoekom gaan almal so vroeg huis toe? En dan wonder ons oor produktiwiteit in ons land! 🙄

    Enne Girly – te veel alkohol lei na “Dancing on the ceiling” 😉

    • demoerin Oktober 23, 2009 at 4:17 nm #

      Ek stem met daai werk ding… ai, ja, jaai – Die jeug van vandag darem maar 😆

    • Girl van die Suburbs Oktober 23, 2009 at 4:20 nm #

      Ek wil dans in die reen, op die toonbank, agter die deur. om die paal, verby die baas, op die toonbank…

      Oral om net my hare los te laat…

      Sammi kom jy my join? 😛

      • Sammi Oktober 23, 2009 at 4:57 nm #

        Sê net waar, Girly – spreek net die woord! VERBY die baas? 😆
        Jy lesse hê?
        Maar ek dink ek praat nou met myself hier, want julle is mos almal huis toe!

        • Sammi Oktober 23, 2009 at 5:00 nm #

          Jip, ek praat met myself – uhhhmmm SAMMIIIII! Jy maggie die mense vertel dis daai ene in Ierland wat jou geleer het om oppie tafels te dans nie – hu uh!

  13. Girl van die Suburbs Oktober 23, 2009 at 6:28 nm #

    Ja…. Ek wil die haka doen verby die baas…. Dis oorlog hier :mrgreen:

    Maar ek wil die tango doen in die reen! Maar wag die tango gaan my nie by die huis kry nie… Koebaai x x x

Lewer kommentaar