Ons het ‘n wonderlike ding ontvang…. die brein. Hy kan onthou, hy kan dink, hy kan bereken. Hy werk op ‘n manier wat ek glo nie een van ons werklik ooit gaan verstaan nie. Hy is noodsaaklik vir menswees – maar die brein kan jou ook terughou. Te veel dink, te veel analiseer. Die brein kan jou superglue wees, wat jou op ‘n stadium van “Tevrede” vasplak. Die brein span dan ook partykeer saam met die psige en vrees om jou dinge wys te maak wat nie so is nie – Jy verkies om in jou gemaksone te funksioneer, want dit is wat jy ken.
En tog bied die wêreld soveel uitdagings en opwindende geleendhede wat nie net van jou fisies (dit is ‘n bykos), maar ook psigologies (dit is die hoofmaal) ’n baie sterker persoon kan maak. Dit is een van die redes hoekom iemand heel moontlik een keer na my Bucket List as Die Death List verwys het. Hoekom? Want vrees vir die onbekende maak jou dinge wys wat nie waar is nie. Dit is makliker om jouself wys te maak dat jy dit nooit sal kan doen nie, as om te probeer en dan die besluit te maak.
Ek het dit al een keer voorheen gedoen – En na gister glo ek die gradering van daardie enkele klim was moontlik iets soortgelyk aan die klimraam in die speelpark. Ek het al ‘n paar abseils gedoen….. maar tot gister nog nooit ‘n regte egte rockclimb nie… wonder wat is die Afrikaans – Klipklim?

Kyk, ons spook al vandat ek hierdie mense laas jaar ontmoet het, om by ‘n klipklim sessie uit te kom. Dit het gister. Die truuk lê daarin om jou brein te uitoorlê, die harnas aan te gooi en dan sommer net te begin, voor jou brein ‘n kans kry om ‘n struikelblok in jou pad te gooi. Hulle sê “Mind over Matter” wat waar is, maar dan moet jy seker wees die “Mind” gedeelte is ook reg.
Ek sal nou nie sê ek gaan oornag in die beste klimmer ooit verander nie, maar die saadjie is geplant en die klim is uitstekende medisyne vir die psige…. en ek wil binnekort terug om daardie laaste klim wat ek nie kon voltooi nie te gaan klaarmaak.
Mag jou week heerlik wees, lekker dag vir jou!!
Selle vir jou meermin!
Dit lyk sommer baie lekker!! Kan nie glo jou brein wou jou terughou nie!
Ek het my brein gewys wie is baas!!
Hmmm…. Daai baie dinkery is ‘n euwel! (somtyds)
Ek het ook eers gedink ek het dRinkery getik…. Maar nee… ek sien nog kans vir baie dRinkery!
Klink heerlik DMI….miskien sal ek ook so iets moet aanpak….
Sien… daar steek “miskien” nou weer su kop uit!
Ek sal voorstel jy maak/kry vriende/kennisse wat weet wat hulle doen, en reeds al die toerusting het. Sodoende kan jy hulle toerusting die eerste keer gebruik, net om seker te maak jy hou daarvan en wil dit weer doen!
Dit blyk die klimgemeenskap is meestal baie nice mense, en daar aan die onderkant van die rotse praat almal sommer so oor en dwars, help hierdie een daar, gee bietjie raad hier ens. ens.
Die reël is… PROBEER ten minste.
Ja oom…hehehe…ek maak so….mmm…waar is my foon boekie nou weer….soek, soek….ah hier is al my bergklim maatjies se nommers…..hehe…danke DMI ek maak nou plan hoor
Passop vir jou… ek sal jou oor my skoot trek!
Ai nee, ‘n pakslae voor die groot klim sal ook maar nie doen nie jong….
Nee, flip. Nie sommer nie.
En hoekom nie?????
HOu nie van hoogtes of toue nie.
Dit klink soos ‘n verskoning wat die brein uitgedink het daardie
Die rotsklim lyk baie lekker. Hier is ‘n advertensie op TV vir outdoor gear en die ou swing en klim al te braaf so om die rotse, lyk so maklik, maar dit is nie!
Nie maklik nie…. maar nie onmoontlik nie.
Beter jy as ek. Het ook so paar keer gedoen en moet sê dit is baie lekker. Tot ek ontdek het dat iemand kabel karretjies en “rack railways” uitgevind het. Dinge was nooit weer dieselfde.
Ja Ja….
Neeeeeeeee – ek sal daai nooooooit kan doen nie! Maar ek bewonder julle.
Klink soos nog ‘n verskoning deur die brein bewerk
Maar ek kan nie help my brein werk eerste nie Dm!
Dit is nou waar jy net moet gaan, en te doen sonder om te dink daaroor.
Toe ek jou ouderdom was, HET ek nogal al daai gedoen. Was bang vir niks – regtig geen vrese gehad nie – die hoogste boomtakke ingeklim en op drade kon loop. Is so. Maar vandat ek ‘n ma is en bekommer het oor die seuns se veiligheid, het alles verander. As ek dan nou daai moet doen, wat jy voorstel, beteken dit dan nie ek word weer ‘n kinderkie nie?
Een keer ‘n jaar doen ek iets waarvoor ek regtig bang is. Ek het hoogtevrees en het juis daarom al by Gourits gaan spring en vroeg volgende jaar wil ek Tsitsikamma doen. Ek dink nogal ek gaan hierdie klimmery van jou ook op my lysie sit
Eendag, as ek klaar gelewe het, wil ek weet ek het GELEWE. I faced my fears!
Daarsy… so ‘n bek kort jam!